Yaoundé
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Streek | Centre |
| Koördinate | 03°52′00″N 11°31′00″O / 3.86667°N 11.51667°O |
| Stigting | 1888 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 180 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 730 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2005) | 3 762 900 |
| - Bevolkingsdigtheid | 21 000/vk km |
| Tydsone | UTC +1 |
| Burgemeester | Luc Messi Atangana |
| Amptelike webwerf | |
Yaoundé is die hoofstad en naasgrootste stad van Kameroen ná Douala met 'n bevolking van 3 762 900 in 2025 en 'n oppervlakte van 180 km². Dit is in die sentrale streek van die land op 'n hoogte van ongeveer 750 meter bo seespieël geleë.

Die buitepos van Epsumb of Jeundo is in 1887 gestig tussen die riviere Nyong en Sanaga, aan die noordelike rand van die woude van die gebied wat deur Duitse ontdekkingsreisigers as 'n handelsbasis vir rubber en ivoor gebruik is. 'n Militêre garnisoen is in 1895 gebou wat verdere kolonisasie moontlik gemaak het. Ná die nederlaag van Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog het Frankryk Oos-Kameroen as mandaat gehou en in 1922 Yaoundé is gekies as hoofstad van dié kolonie. Douala het die belangrikste nedersetting gebly, maar Yaoundé het vinnige groei gesien en voortgegaan as die setel van die regering vir die Republiek Kameroen ná onafhanklikwording in 1960.
Die grootste deel van die ekonomie van Yaoundé is steeds gesentreer op die administratiewe struktuur van die stad, maar groot nywerhede in Yaoundé sluit tabak, suiwelprodukte, bier, klei, glasgoedere en hout in. Die stad het 'n paar opvallende monumente en geboue, soos die Presidensiële Paleis en Palais des Congrès.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die vroegste inwoners van Kameroen was waarskynlik die Bakas (dwerge). Hulle bewoon steeds die woude van die suidelike en oostelike provinsies.
Bantoesprekers met hul oorsprong in die Kameroense hooglande was een van die eerste groepe wat voor ander indringers verhuis het. Gedurende die laat 1770's en vroeë 1800's het die Fulani – 'n pastorale Islamitiese volk uit die westelike Sahel – die meeste van die huidige Noord-Kameroen verower en sy grootliks nie-Moslem-inwoners is onderwerp of verplaas.
Die buitepos van Epsumb of Jeundo is in 1887 gestig tussen die riviere Nyong en Sanaga, aan die noordelike rand van die woude van die gebied deur die Duitse ontdekkingsreisigers lt. Richard Kund en Hans Tappenbeck, volgens die ooreenkoms met die hoofde van Ela Esono. Van Desember 1889 tot Mei 1895 is dit deur die Duitse plantkundige Georg August Zenker beset as 'n landbou-navorsingsstasie met die naam Jaunde, genoem na die plaaslike Yaunde- of Ewondo-mense. Sy nedersetting het gedien as basis vir die rubber- en ivoorhandel van die gebied, deur dit by die inboorlinge te koop in ruil vir ingevoerde klere en yster.
Die nedersetting was ook in Engels bekend as Yaunde Station. Major Dominik se stigting van 'n militêre garnisoen op die terrein in 1895 het 'n sendingstasie in die nabygeleë Mvolyé, nou 'n voorstad van Yaoundé, toegelaat.
Tydens die Eerste Wêreldoorlog is Yaoundé deur Belgiese troepe uit die Kongo beset. Ná die nederlaag van Duitsland het Frankryk Oos-Kameroen as mandaat van die Volkebond gehou en in 1922 Yaoundé is gekies as hoofstad van dié kolonie. Douala het lank die belangrikste nedersetting gebly, maar Yaoundé het na 1957 vinnig gegroei weens die kakaokrisis en onrus langs die kus. Die stad het voortgegaan as die setel van die regering vir die Republiek Kameroen ná onafhanklikwording.[1][2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Cameroon: Taming Waters for Health, Jobs in Yaounde". AllAfrica. 1 Desember 2014. Besoek op 8 Januarie 2015.
- ↑ (en) Roman Adrian Cybriwsky, Capital Cities around the World: An Encyclopedia of Geography, History, and Culture, ABC-CLIO, USA, 2013, bl. 342
- ↑ (en) Johnson–Hans, Jennifer. PA34 Uncertain Honor: Modern Motherhood in an African Crisis, bl. 34. University of Chicago Press (Chicago), 2006. ISBN 0226401812. Besoek op 17 April 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Yaoundé.- (en) Toerisme-inligting oor Yaoundé op Wikivoyage
- (en) "Yaoundé". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Desember 2025.


