Gaan na inhoud

Olimpiese Somerspele 1896

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die Ie Olimpiade
Olimpiesespele van 1896

Gehou in Athene, Griekeland
Deelnemende lande 14 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 241 (241 mans, 0 vroue)[2]
Items 43 in 9 sporte[4]
Openingseremonie 6 April 1896
Sluitingseremonie 15 April 1896
Amptelik geopen deur Koning George I[6]
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele :
Volgende Spele 1900: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 1896 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1896, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1896), amptelik bekend as die Spele van die Iste Olimpiade, was die eerste moderne Olimpiese Spele. Die Spele is op inisiatief van Baron Pierre de Coubertin gehou en het vanaf 6 tot en met 15 April 1896 in Athene, Griekeland, plaasgevind.[7] Athene is ter herdenking van die antieke Olimpiese Spele gekies.

Die openingseremonie in die Atheense Panathinaiko-stadion

Die Spele is aan Athene toegewys op 'n kongres wat deur De Coubertin in 1894 georganiseer is. Die Internasionale Olimpiese Komitee is ook tydens hierdie kongres gestig.

Die Spele was die eerste sedert die Romeinse keiser Theodosius I die antieke Spele in 393 verbied het, vanweë die heidense oorsprong daarvan.

Daar het 'n totaal van 241 mansatlete uit 14 lande aan hierdie eerste moderne Olimpiese Spele deelgeneem. Deelname was nog nie vir vroue oop nie, maar in teenstelling met die antieke Olimpiese Spele is hulle as toeskouers toegelaat.

Sporte

[wysig | wysig bron]

9 Olimpiese sportsoorte in 43 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig.

Stadions

[wysig | wysig bron]
Demetrius Vikelas, die Internasionale Olimpiese Komitee se eerste voorsitter

Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1896 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Panathinaiko-stadionAtletiek, Gewigoptel, Gimnastiek en Stoei80 000
Baai van ZeaSwemNie gelys nie
Athens Lawn Tennis ClubTennisNie gelys nie
KallitheaSkyfskietNie gelys nie
MaratonAtletiek, Maraton, FietsryNie gelys nie
Neo Phaliron VelodromeFietsryNie gelys nie
ZappeionSkermsportNie gelys nie

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

      Openingseremonie       Wedstryde       Wedstryde met medaljes       Sluitingseremonie
April6789101112131415
Seremonies
Atletiek● ● ● ● ●● ● ● ● ●● ● ● ● ●
Fietsry● ● ●
Gewigoptel● ●
Gimnastiek● ● ● ● ● ●● ●
Skermsport● ●
Skyfskiet● ● ●
Stoei
Swem● ● ● ●
Tennis● ●
April6789101112131415

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1896:

 Neem vir die eerste keer deel

     Gasheerstad Athene

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het.[8] Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
'n Silwermedalje is aan die wenner van elke wedstryd toegeken

Hier is die top elf lande wat medaljes tydens die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)14117220
2Vlag van Griekeland Griekeland (GRE)16910171946
3Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk (GER)1965213
4Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)1354211
5Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)112327
6Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)72136
7Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)32125
8Vlag van Australië Australië (AUS)12002
9Vlag van Denemarke Denemarke (DEN)31236
10Vlag van Switserland Switserland (SUI)31203
11 Gemengde span (ZZX)81113
Totaal (11 NOKs)241434336122

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 6 Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 6 Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  5. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  6. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  7. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  8. Olympic Games Museum (2011). "Participating Countries – Olympic Games Athens 1896" (in Engels). olympic-museum.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015. Besoek op 22 Mei 2011.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030   2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.