Gaan na inhoud

Bulgaars-Ortodokse Kerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bulgaars-Ortodokse Kerk
Bulgarye se patriargale katedraal, die Aleksander Nefski-herdenkkatedraal in Sofia.
Bulgarye se patriargale katedraal, die Aleksander Nefski-herdenkkatedraal in Sofia.
MoederkerkEkumeniese patriargaat
Stigtingsjaar865
StigterBoris I
StatusOutokefaal
Kerkleiding
HoofNeofit
Hoof se titelMetropoliet van Sofia en Patriarg van die hele Bulgarye
SetelSofia, Bulgarye
Besonderhede
LiturgieBisantyns
Liturgiese taal  Kerkslawies
KalenderHersiene Juliaanse kalender
GelowigesSowat 8 miljoen
Bisdomme13
Kloosters120
Gemeentes2 600
Priesters1 500
Webtuiste
http://www.bg-patriarshia.bg

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk (Bulgaars: Българска православна църква; Balgarska prawoslawna tsarkwa) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk. Dit is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Sofia en Patriarg van die hele Bulgarye.

Die kerk het sowat 6,5 miljoen lede in Bulgarye en tussen 1,5 en 2 miljoen lede in verskeie Europese lande, Noord- en Suid-Amerika en Australië. Die erkenning van die outokefale Bulgaarse patriargaat in 927 deur die Patriargaat van Konstantinopel maak die kerk die oudste Slawies-Ortodokse kerk in die wêreld.

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk word ingedeel in 13 bisdomme in Bulgarye en nog twee in Wes- en Sentraal-Europa, Amerika, Kanada en Australië. Die bisdomme word opgedeel in 58 distrikte en die distrikte in 2 600 gemeentes.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]