Boekarest
Boekarest Bucuresti | |
|---|---|
Stad | |
| Byname: “Klein Parys”, “Parys van die Ooste” | |
| Leuse(s): Patria si Dreptul Meu (“My Land en My Reg”) | |
Ligging van Boekarest in Roemenië (in rooi) | |
| Koördinate: 44°25′57″N 26°6′14″O / 44.43250°N 26.10389°O | |
| Land | |
| Ontwikkelingsstreek | Boekarest-Ilfov |
| Distrik | Boekarest |
| Gestig op | 20 September 1459 (eerste amptelike verwysing) |
| Gestig deur | Vlad Dracula |
| Regering | |
| • Burgemeester | Ciprian Ciucu |
| Oppervlak | |
| • Stad | 240 km2 (93 vk. myl) |
| • Metro | 1 803 km2 (696 vk. myl) |
| Hoogte | 55,8–91,5 m (183–300 ft) |
| Bevolking | |
| • Stad | 1 877 155 |
| • Digtheid | 7 123/km2 (18 450/vk. myl) |
| • Metro | 2 313 519 |
| • Metrodigtheid | 1 283/km2 (3 320/vk. myl) |
| Tydsone | UTC+02:00 (OET) |
| • Somertyd | UTC+03:00 (OEST) |
| Poskode | 0100xx-0201xx, 0201xx-0300xx, 0365xx |
| Skakelkodes | +40 31 |
| Nommerplate | B |
| Webwerf | www.pmb.ro |
Boekarest (Roemeens: Bucuresti, [bukuˈreʃtʲ], ) is die hoofstad en grootste stad van Roemenië. Die metropool lê aan die Dambovita-rivier in die suidooste van die land. Die bevolking word amptelik op 1,71 miljoen geskat en in die groter metropolitaanse gebied op 2,31 miljoen. Dit maak Boekarest die negende digsbevolkte stad binne stadsgrense in die Europese Unie is. Die stad beslaan 240 km², terwyl die metropolitaanse gebied oor 1 811 km² strek. Die stad staan amptelik bekend as die “Munisipaliteit Boekarest” (Roemeens: Municipiul Bucuresti) en het dieselfde status as ’n nasionale provinsie. Dit is verder verdeel in ses sektore, elk met ’n eie burgemeester. Boekarest is ’n belangrike kulturele, politieke en ekonomiese sentrum, die setel van die regering en die hoofstad van die streek Muntenië.

In 1459 is die eerste keer in geskiedkundige bronne na Boekarest verwys: deur Vlad Dracula.[2] Die stad het in 1862 die hoofstad geword en is sedertdien die middelpunt van Roemeense media, kultuur en kuns. Die argitektuur is uiteenlopend en sluit historiese style (hoofsaaklik eklekties, maar ook neoklassiek en Art Nouveau), tussenoorlogse style (Bauhaus, Art Deco en Roemeense herlewingsargitektuur), sowel as sosialistiese en moderne boukuns in. In die tussenoorlogse tydperk het die stad se elegante argitektuur en die verfyndheid van sy elite daartoe gelei dat Boekarest die byname “Klein Parys” en “Parys van die Ooste” verkry het.[3] Hoewel dele van die historiese stadskern deur oorloë, aardbewings en Nicolae Ceausescu se sistematiseringsprogram beskadig of vernietig is, het baie geboue behoue gebly en is hulle onlangs gerestoureer. Die stad beleef die afgelope jare ’n beduidende ekonomiese en kulturele oplewing.[4][5] Dit is een van die snelsgroeiende hoëtegnologie-stede in Europa,[6][7][8][9][10] en die historiese stadskern is in 2016 deur die World Monuments Watch as “bedreig” gelys.[11]
Boekarest is verreweg die digsbevolkte stad in Roemenië en het reeds in die 1940’s meer as ’n miljoen inwoners gehad. Volgens die Mastercard Global Index of Urban Destinations was Boekarest in 2017 die Europese stad met die vinnigste groei in oornaggaste.[12] In 2018 en 2019 is dit as die Europese bestemming met die grootste ontwikkelingspotensiaal aangewys.[13]
Boekarest is die welvarendste stad in Roemenië en die rykste hoofstad in die streek, nadat dit Boedapest in 2017 verbygesteek het.[14][15][16] Die stad beskik oor groot konferensiegeriewe, opvoedkundige instellings, kulturele sentrums, tradisionele winkelarkades en talle ontspanningsruimtes. Boekarest lê binne, en word volledig omring deur die Ilfov-provinsie.
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die Roemeense naam Bucuresti se oorsprong is nie geverifieer nie. Volgens ’n tradisie is die stigting van Boekarest met die naam Bucur geassosieer, wat volgens verskeie legendes ’n prins, ’n voëlvrye, ’n visserman, ’n herder of ’n jagter was. In Roemeens beteken die woordstam bucurie “vreugde” (“geluk”),[17] gevolglik sou die stadsnaam “stad van vreugde” beteken.[18]
Vroeë geleerdes het ander etimologieë verskaf, waaronder dié van ’n Ottomaanse reisiger, Evliya Celebi, wat beweer het dat Boekarest na ene “Abu-Karis” uit die “Koeraisj-stam” genoem is. In 1781 het die Oostenrykse historikus Franz Sulzer beweer dat dit afgelei is van bucurie (“vreugde”), bucuros (“vreugdevolle”) of a se bucura (“om vreugdevol te wees”). In ’n vroeë 19de-eeuse boek, gepubliseer in Wene, word beweer die stadsnaam is ontleen aan Bukovie, ’n beukewoud, en dat dit dus verwant sou wees aan die streeksnaam Boekowina in die huidige Noord-Roemenië en Suidwes-Oekraïne.[19]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]

Die geskiedenis van Boekarest toon ’n afwisseling van tydperke van ontwikkeling en verval, vanaf die vroeë nedersettings in die oudheid tot die stad se konsolidasie as die nasionale hoofstad van Roemenië laat in die 19de eeu. Op 20 September 1459 word die eerste keer in bronne na die stad verwys as die “Sitadel van Bucuresti”, en dit het die residensiestad geword van die heerser van Walachye, die woiwode Vlad die Deurboorder (Vlad Țepes).[20]:23
Die Ou Vorstelike Hof (Curtea Veche) is in die middel van die 16de eeu deur Mircea Ciobanul opgerig. Onder latere heersers is Boekarest as somerresidensie van die vorstelike hof gevestig. In die daaropvolgende jare het die stad met Targoviste meegeding om die status as hoofstad, nadat die belang van Suid-Muntenië toegeneem het weens die eise van die suserein, die Ottomaanse Ryk.
Boekarest het ná 1698 onder die bewind van Konstantyn Brancoveanu uiteindelik die permanente setel van die Walachyse hof geword. In die daaropvolgende 200 jaar is die stad herhaaldelik deur natuurrampe, groot brande en oorloë beskadig en telkens weer herbou.
Van die 18de eeu af het die Ottomane Grieks-Christelike administrateurs uit die Fanar-distrik van Konstantinopel, die sogenaamde Fanariote, aangestel om die stad en vorstedom te bestuur.[21] Die Walachyse Opstand van 1821 onder leiding van Tudor Vladimirescu het ’n einde gebring aan die Fanariotebewind in Boekarest.[22]
In 1813-1814 is die stad deur Caragea se pes geteister. In die 18de en vroeë 19de eeu is Boekarest verskeie kere van Ottomaanse invloed losgeskeur en op verskillende tye deur die Habsburgse monargie (1716, 1737, 1789) en die Russiese Ryk (drie keer tussen 1768 en 1806) beset. Tussen 1828 en die uitbreek van die Krimoorlog was die stad onder Russiese administrasie, met ’n onderbreking tydens die Walachyse Rewolusie van 1848, wat in Boekarest gesentreer was. Ná die Russiese onttrekking het ’n Oostenrykse garnisoen die stad beset en tot Maart 1857 daar gebly. Op 23 Maart 1847 het ’n verwoestende brand sowat 2 000 geboue vernietig en omtrent ’n derde van die stad in puin gelê.
In 1862, nadat Walachye en Moldawië verenig is om die Vorstedom Roemenië te vorm, het Boekarest die nuwe staat se hoofstad geword. In 1881, met die uitroeping van die Koninkryk Roemenië onder koning Carol I, het Boekarest die politieke sentrum van die koninkryk geword. Gedurende die tweede helfte van die 19de eeu het die stad se bevolking aansienlik toegeneem en ’n nuwe fase van verstedeliking en stedelike modernisering het begin. Gasbeligting, perdetrems en beperkte elektrifisering is ingevoer.[23] Die Dambovita-rivier is in 1883 sterk gekanaliseer, wat ’n einde gebring het aan herhalende oorstromings soos die groot oorstroming van 1865.[24] Die Verdedigingswerke van Boekarest is ook in hierdie tydperk gebou.
Die uitspattige argitektuur en kosmopolitiese hoëkultuur van hierdie periode het aan Boekarest die bynaam “Parys van die Ooste” besorg, met Calea Victoriei (“Oorwinningspad”) as sy "Champs-Élysées".
Tussen 6 Desember 1916 en November 1918 is Boekarest ná die Slag van Boekarest deur Duitse magte beset en die amptelike hoofstad is tydelik na Iasi in die streek Moldawië verskuif. Ná die Eerste Wêreldoorlog het Boekarest die hoofstad van Groot-Roemenië geword. In die tussenoorlogse periode het die stedelike ontwikkeling aangehou, met die stad wat jaarliks gemiddeld 30 000 nuwe inwoners gelok het. Sommige van die belangrikste landmerke is in hierdie tyd gebou, onder meer die Arcul de Triumf en die Palatul Telefoanelor.[25] Die Groot Depressie in Roemenië het egter ernstige sosiaal-ekonomiese gevolge gehad en het onder meer uitgeloop op die Grivita-staking van 1933.[26]
In Januarie 1941 was die stad die toneel van die Legionêre opstand en die Boekarest-pogrom. As hoofstad van ’n Spilmoondheid en ’n belangrike deurgangspunt vir Spilmoondheidstroepe op pad na die oosfront het Boekarest groot skade gely as gevolg van Geallieerde bombardemente tydens die Tweede Wêreldoorlog. Op 23 Augustus 1944 was die stad die plek van die koninklike staatsgreep wat Roemenië by die Geallieerdes gevoeg het. Kort daarna het Boekarest ’n kort periode beleef van Luftwaffe-bombardemente en ’n mislukte poging deur Duitse troepe om die stad te herower.
Ná die vestiging van kommunisme in Roemenië is die stad verder uitgebrei. Nuwe woonbuurte is aangelê, die meeste oorheers deur woonstelblokke (toringblokke). Onder Nicolae Ceausescu se bewind (1965-1989) is ’n deel van die historiese stadskern gesloop en vervang met ontwikkeling in die styl van sosialistiese realisme:
- die Centrul Civic (Burgersentrum), en
- die Parlementspaleis, toe ’n hele historiese woonbuurt platgevee is om plek te maak vir Ceaușescu se projekte.
Op 4 Maart 1977 het ’n aardbewing met sy episentrum in Vrancea, sowat 135 km buite die stad, 1 500 lewens geëis en verdere skade aan die historiese sentrum aangerig.
Die Roemeense Rewolusie van 1989 het in Timisoara begin en daarna na Boekarest uitgebrei, en het tot die omverwerping van die kommunistiese regime gelei. Ontevredenheid met die postrewolusionêre Nasionale Volksreddingsfront het studentebonde en opposisiegroepe vroeg in 1990 grootskaalse anti-kommunistiese betogings in Boekarest laat reël wat tot verdere politieke verandering gelei het.
Sedert 2000 is die stad voortdurend gemoderniseer. Residensiële en kommersiële ontwikkeling is veral in die noordelike distrikte sigbaar en Boekarest se ou historiese sentrum word sedert die middel 2000’s stelselmatig gerestoureer.
Geografie
[wysig | wysig bron]



Boekarest lê aan die oewers van die Dambovitarivier, wat uitmond in die Argesrivier, ’n sytak van die Donau. ’n Reeks mere – onder meer die Herastrau-, Floreasca-, Tei- en Colentinameer – strek deur die noordelike stadsgebied langs die Colentinarivier, self ’n sytak van die Dambovita. In die stadsentrum is daar ook ’n klein kunsmatige waterliggaam, die Cismigiumeer, omring deur die Cismigiutuin. Die tuin, wat deur die Duitse landskapargitek Carl F.W. Meyer ontwerp en in 1847 geopen is, is een van die oudste en belangrikste stadsparke in Boekarest en was histories ’n ontmoetingsplek vir skrywers en digters.
Die stad se netwerk van parke en groen ruimtes sluit onder meer die Koning Mihai I-park (voorheen Herastraupark), Tineretuluipark en die Botaniese Tuin in. Die Koning Mihai I-park, in die noordelike stadsomgewing rondom die Herastraumeer, huisves ook die Stadsmuseum. Die Grigore Antipa- Natuurhistoriese Museum is naby Oorwinningsplein geleë. In dieselfde gebied is Hard Rock Cafe Boekarest en Beraria H, een van die grootste biersale in Europa.
Tineretuluipark, wat in 1965 aangelê is, dien as die hoofontspanningsgebied vir Suid-Boekarest en bevat ’n Mini Town-speelkompleks vir kinders. Die Botaniese Tuin in die Cotroceni-woonbuurt, wes van die stadsentrum, is die grootste in Roemenië en bevat meer as 10 000 plantspesies, waaronder talle uitheemse soorte. Die tuin het oorspronklik as die Koninklike Plesiertuin ontstaan.[27] Daarbenewens is daar talle kleiner buurtparke, onder meer Alexandru Ioan Cuza-, Kiseleff-, Carol-, Izvor-, Circului- en Moghiorospark. Van die ander groot parke sluit in die Nasionale Park, Teipark, Eroilorpark en Crangasipark met die Moriimeer.
’n Besonderse landskapvorm in die suide van die stad is Vacarestimeer, wat saam met omliggende vleilande ’n gebied van ongeveer 190 hektaar beslaan (waarvan 90 hektaar water is). Dit bevat 97 voëlspesies (waarvan die helfte beskerm word) en minstens sewe soogdierspesies.[28] Die gebied, oorspronklik ’n dorpie wat Ceausescu in ’n meer wou omskep, het ná die 1989-rewolusie – nadat die projek laat vaar is – geleidelik tot ’n selfstandige stedelike vleiland-ekostelsel ontwikkel.[29] In Mei 2016 is dit tot die Vacarestinatuurpark verklaar, wat dikwels die “Delta van Boekarest” genoem word.[30][31]
Boekarest lê in die middel van die Roemeense Vlakte, ’n streek wat eens deur die Vlasieiwoud bedek was. Ná ontbossing het dit ontwikkel tot ’n vrugbare laagvlakte. Soos verskeie historiese Europese stede word Boekarest tradisioneel beskryf as gebou op sewe heuwels: Mihai Voda, Dealul Mitropoliei, Radu Voda, Cotroceni, Dealul Spirii, Vacaresti en Sfantu Gheorghe Nou.
Die stad beslaan ’n totale oppervlakte van 226 km². Die hoogte bo seevlak wissel van 55,8 m (by die Dambovita-brug in Catelu, in die suidooste van die stad) tot 91,5 m (by die Militari-kerk). Die stadsuitleg is oorwegend sirkelvormig, met die stadsentrum by Universiteitsplein, waar die hoof-noord-suid- en oos-wes-verkeersasse kruis. Die Kilometer Nul-merkteken van Roemenië is net suid van die plein voor die Nuwe Sint Georgeskerk op Sint Georgesplein. Die radius van Boekarest, gemeet van Universiteitplein tot die stadsgrens, wissel tussen 10 en 12 km.
Tot in die laat 20ste eeu was die gebiede rondom Boekarest hoofsaaklik landelik, maar ná 1989 het die voorstedelike uitbreiding vinnig toegeneem in die omliggende Ilfov-provinsie. Hierdie provinsie – tans een van die snelsgroeiende administratiewe gebiede in Roemenië – het volgens die 2021-sensus ’n bevolking van 542 686 gehad.[32] Baie van die dorpe en gemeenskappe in Ilfov het sedertdien ontwikkel tot hoëinkomste-pendel- en satellietdorpe, wat funksioneer as die voorstede van Boekarest.
Klimaat
[wysig | wysig bron]Boekarest het ’n humiede kontinentale klimaat (Dfa), gekenmerk deur warm, vogtige somers en koue, sneeuryke winters. Weens die stad se ligging op die Roemeense Vlakte kan winters besonder winderig wees, hoewel die effek van sommige winde deur verstedeliking versag word. Wintertemperature daal gereeld tot benede 0 °C, en soms tot ongeveer -10 °C.
In die somer is die gemiddelde maksimum temperatuur 29,8 °C (in Julie en Augustus), maar temperature van 35 tot 40 °C is algemeen in die middestad in die hoogsomer. Ondanks matige gemiddelde somerreënval kom intense, kortstondige storms wel voor.
In die lente en herfs wissel dagtemperature gewoonlik tussen 17 en 22 °C, en die reënval in die lente is oor die algemeen hoër as in die somer, met gereelder, maar oorwegend ligter, reënbuie.[33][34]
| Weergegewens vir Boekarest Baneasa | |||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
| Hoogste maksimum (°C) | 23,6 | 26,5 | 32,8 | 34,9 | 36,7 | 39,8 | 45,4 | 43,7 | 39,9 | 36,4 | 25,9 | 19,5 | 45,4 |
| Gemiddelde maksimum (°C) | 3,0 | 6,3 | 12,3 | 18,5 | 24,1 | 28,1 | 30,4 | 30,6 | 25,0 | 18,0 | 10,5 | 4,2 | 17,6 |
| Gemiddelde temperatuur (°C) | −1,5 | 0,6 | 5,6 | 11,4 | 16,8 | 21,1 | 23,0 | 22,4 | 16,8 | 10,7 | 5,3 | 0,0 | 11,0 |
| Gemiddelde minimum (°C) | −5,0 | −3,5 | 0,3 | 4,9 | 9,7 | 13,9 | 15,6 | 15,2 | 10,7 | 5,7 | 1,4 | −3,3 | 5,5 |
| Laagste minimum (°C) | −32,2 | −29,0 | −21,7 | −9,5 | −5,0 | 4,5 | 7,4 | 5,2 | −3,1 | −8,0 | −19,4 | −25,6 | −32,2 |
| Neerslag (mm) | 40,1 | 33,0 | 42,4 | 50,2 | 70,4 | 82,7 | 68,6 | 48,9 | 60,5 | 60,7 | 43,6 | 47,0 | 648,1 |
| Sonskynure (u/d) | 86 | 82 | 71 | 63 | 62 | 61 | 58 | 57 | 61 | 73 | 84 | 87 | 70,4 |
| Reëndae (d) | 6,1 | 5,4 | 6,3 | 6,2 | 8,4 | 8,3 | 7,1 | 5,2 | 4,9 | 5,6 | 5,4 | 6,7 | 75,6 |
| Watertemperatuur (°C) | 78,8 | 107,1 | 156,7 | 195,3 | 245,4 | 259,4 | 293,4 | 283,0 | 208,7 | 149,6 | 84,8 | 63,9 | 177,6 |
| Humiditeit (%) | 1 | 2 | 3 | 5 | 7 | 8 | 8 | 7 | 5 | 3 | 2 | 1 | 4,3 |
| Bron: NOAA;[35][36] Administrația Națională de Meteorologie;[37] Danish Meteorological Institute;[38] Weather Atlas[39] | |||||||||||||
Regering
[wysig | wysig bron]Administrasie
[wysig | wysig bron]Boekarest het ’n unieke administratiewe status binne Roemenië, aangesien dit die enigste munisipale gebied is wat nie onder die jurisdiksie van ’n provinsie (județ) ressorteer nie. Die stad se bevolking is egter groter as dié van enige Roemeense provinsie, en gevolglik beskik die Algemene Munisipaliteit Boekarest (Primaria Generala) – die stad se hoogste plaaslike owerheid – oor dieselfde bevoegdhede as ’n provinsiale raad.
Die Munisipaliteit van Boekarest, saam met die aangrensende Ilfov-provinsie, vorm die Bucuresti–Ilfov-ontwikkelingstreek, ’n streek wat ooreenstem met ’n NUTS-II-streek in die Europese Unie. Hierdie indeling word deur die EU en die Roemeense regering gebruik vir statistiese administrasie, streeksbeplanning en die bestuur van EU-ontwikkelingsfondse. Die ontwikkelingstreek self is egter nie ’n administratiewe regeringsvlak nie.
Die stad se uitvoerende gesag word gelei deur ’n algemene burgemeester (primar general). Tot Mei 2025 het Nicușor Dan die amp beklee – ’n onafhanklike politikus wat tydens die plaaslike verkiesing van 2020 deur die sentrum-regs-alliansie PNL–USR PLUS ondersteun is – totdat hy tot president van Roemenië verkies is, waarna Stelian Bujduveanu as waarnemende burgemeester oorgeneem het. Wetgewende en beleidsbesluite word deur die algemene raad van Boekarest (consiliu general) geneem, wat uit 55 verkose raadslede bestaan.

Boekarest is verder in ses administratiewe sektore (sectoare), elkeen met:
- ’n sektorale raad van 27 lede
- ’n sektorale munisipale administrasie
- ’n plaaslike burgemeester wat die sektor bestuur
Die bevoegdhede in elke sektor word gedeel tussen die hoofstad se sentrale munisipaliteit en die sektorale owerhede, met duidelike afbakenings van verantwoordelikhede. In hoofsaak:
- Die hoofmunisipaliteit bestuur stadswye dienste soos water- en riooldienste, openbare vervoer, hoofverkeersroetes en strategiese infrastruktuur.
- Die sektormunisipaliteite bestuur sekondêre padnetwerke, parkonderhoud, skoolbestuur, publieke skoonmaakdienste en ander dienste wat direk op inwoners gerig is.
Die ses sektore is kloksgewys genommer en radiaal georganiseer sodat elke sektor ’n deel van die stadsentrum insluit. Hulle bestaan uit die volgende buurte (cartiere), wat nie amptelike administratiewe eenhede is nie:
- Sektor 1 (227 717 inwoners): Dorobanți, Baneasa, Aviatiei, Pipera, Aviatorilor, Primaverii, Romana, Victoriei, Koning Mihai I-park, Bucurestii Noi, Damaroaia, Straulesti, Grivița, 1 Mai, Baneasa-woud, Pajura, Domenii, Chibrit
- Sektor 2 (357 338 inwoners): Pantelimon, Colentina, Iancului, Tei, Floreasca, Mosilor, Obor, Vatra Luminoasa, Fundeni, Plumbuita, Stefan cel Mare, Baicului
- Sektor 3 (399 231 inwoners): Vitan, Dudesti, Titan, Centrul Civic, Dristor, Lipscani, Muncii, Unirii
- Sektor 4 (300 331 inwoners): Berceni, Oltenitei, Giurgiului, Progresul, Vacaresti, Timpuri Noi, Tineretului
- Sektor 5 (288 690 inwoners): Rahova, Ferentari, Giurgiului, Cotroceni, 13 Septembrie, Dealul Spirii
- Sektor 6 (371 060 inwoners): Giulesti, Crangasi, Drumul Taberei, Militari, Grozavesti (Regie), Ghencea
Soos elders in Roemenië word munisipale rade, sektorale rade en burgemeesters elke vier jaar in plaaslike verkiesings verkies.
Boekarest het ook ’n prefek, aangestel deur die nasionale regering. Die prefek mag nie lid van ’n politieke party wees nie en dien as die verteenwoordiger van die sentrale regering op munisipale vlak. Hy tree as skakelamptenaar op en verseker die toepassing van nasionale beleid, ontwikkelingsprogramme en wetgewing binne die hoofstad. Die prefek van Boekarest (sedert 2024) is Mihai Mugur Toader.
Regstelsel
[wysig | wysig bron]
Boekarest se regstelsel is gestruktureer op ’n wyse wat ooreenstem met dié van die Roemeense provinsies. Elke sektor het ’n hof van eerste instansie (judecatorie), terwyl meer ernstige of komplekse sake na die Tribunaal van Boekarest (Tribunalul Bucuresti) verwys word, wat as die stad se munisipale hof van algemene jurisdiksie funksioneer.
Boekarest se appèlhof (curtea de apel Bucuresti) behandel appèlle teen beslissings van die howe van eerste instansie en die tribunaal binne Boekarest, sowel as in vyf omliggende provinsies: Teleorman, Ialomita, Giurgiu, Calarasi en Ilfov.
Boekarest is ook die setel van twee van Roemenië se hoogste regsliggame:
- die Hooggeregshof van Hersiening en Justisie, die land se hoogste hof van die regsbank; en
- die Konstitusionele Hof van Roemenië, wat uitsluitlik oor grondwetlike aangeleenthede beslis.
Boekarest beskik oor ’n munisipale polisiediens, die Politia Bucuresti, wat verantwoordelik is vir wetstoepassing, misdaadvoorkoming en openbare orde in die hele stad. Die diens bestaan uit verskeie gespesialiseerde afdelings, en die hoofpolisiehoofkantoor is in Stefan cel Mare-boulevard in die stadsentrum gesetel. Daar is ook verskeie polisiekantore in die stad se hele jurisdiksiegebied.
Sedert 2004 het elke sektor sy eie gemeenskapspolisiediens (Politia Comunitara), wat onder die betrokke sektorowerheid ressorteer en verantwoordelik is vir plaaslike veiligheidstake, insluitend ordedienste, kringveiligheid en reaksie op gemeenskapsverwante probleme.
Verder huisves Boekarest die nasionale algemene inspekteurskantore van beide die Gendarmerie (die land se paramilitêre openbare-ordemag) en die Nasionale Polisiediens, wat van die stad ’n belangrike nasionale veiligheidsentrum maak.
Misdaad
[wysig | wysig bron]

Boekarest se misdaadsyfer is relatief laag in vergelyking met ander Europese hoofstede. Die totale aantal misdrywe het tussen 2000 en 2004 met 51%[40] en tussen 2012 en 2013 met 7%[41] afgeneem. Boekarest, saam met Cluj-Napoca, Timisoara, Brasov en Iasi, is deur Numbeo onder die honderd veiligste stede ter wêreld gelys.[42] Volgens dié studie word Boekarest as besonder veilig beskou wat betref alleen loop (bedags en snags), inbrake, straatrooftogte en aanrandings, motordiefstal en pogings tot diefstal, fisieke geweld, belediging of intimidasie, aanvalle op grond van ras, etnisiteit of geslag, dwelmhandel en gewapende rooftogte. Die enigste misdaadkategorieë wat in die hoërisikoklas val, is korrupsie en omkopery.[42]
In 2015 was Boekarest se moordsyfer 0,8 per 100 000 inwoners.[43]
Misdaadvoorkoming en wetstoepassing word uitgevoer deur sowel nasionale veiligheidsdienste as plaaslike polisiedienste, insluitend die Roemeense nasionale polisiediens, die Roemeense gendarmerie en die plaaslike polisiediens van Boekarest.

Hoewel daar in die 2000’s verskeie polisie-operasies teen georganiseerde misdaadgroepe was – onder meer teen die Camataru-bende – het georganiseerde misdaad ’n beperkte invloed op die openbare lewe.
Kleinmisdaad, veral sakkerollery, kom egter meer gereeld voor, hoofsaaklik op die stad se openbare vervoernetwerk. Toeristebedrog, wat in die 1990’s algemeen was, het sedertdien skerp afgeneem. Diefstal het in 2013 met 13,6% gedaal in vergelyking met 2012.[41]
Misdaadvlakke is hoër in die suidelike distrikte, veral in Ferentari, ’n sosiaal-ekonomies benadeelde gebied.
Die teenwoordigheid van straatkinders, ’n ernstige kwessie in die 1990’s, het in die afgelope jare merkbaar afgeneem en is nou op of onder die gemiddelde van ander groot Europese hoofstede.[44]
Lewensgehalte
[wysig | wysig bron]In 2024 is Boekarest deur die digitale publikasie Freaking Nomads as die negende beste stad ter wêreld vir digitale nomades aangewys, vanweë sy uiteenlopende argitektoniese erfenis, ’n lewendige kunstoneel met sommige van die wêreld se voorste galerye, museums en teaters, asook sy uitgebreide netwerk van rustige parke.[45][46]
Demografie
[wysig | wysig bron]
Volgens die 2021-bevolkingstelling het 1 716 961 inwoners binne die stadsgrense gewoon – ’n bevolkingsafname in vergelyking met die 2011-sensus.[1] Die afname spruit uit ’n lae natuurlike aanwas en ’n merkbare bevolkingsverskuiwing na kleiner pendeldorpe soos Popesti-Leordeni, Voluntari, Chiajna, Bragadiru, Pantelimon, Buftea en Otopeni. In ’n verslag van die Verenigde Nasies is Boekarest 19de uit 28 stede geplaas wat tussen 1990 en die middel 2010’s die skerpste relatiewe bevolkingsdalings beleef het, met ’n daling van 3,77%.[47]
Tydens die 2002-bevolkingstelling is die stad se bevolking op 1 926 334 beraam,[48] oftewel 8,9% van Roemenië se totale bevolking. Daar is beduidende pendelstrome vanaf die omliggende Ilfov-provinsie, maar geen betroubare amptelike ramings oor hul omvang nie.[49]
Boekarest het twee tydperke van versnelde bevolkingsgroei beleef:
- Vanaf die laat 19de eeu tot die Tweede Wêreldoorlog, toe die stad as nasionale hoofstad gekonsolideer is; en
- Gedurende die Ceausescu-tydperk (1965–1989), toe grootskaalse verstedeliking plaasgevind het. Die beleid wat aborsies en voorbehoedmiddels verbied het, het terselfdertyd tot ’n verhoogde natuurlike aanwas bygedra.
Boekarest het tans ’n hoë bevolkingsdigtheid van 8 260 inwoners per km²,[50] aangesien baie inwoners in hoëdigtheidswoonstelblokke uit die Kommunistiese tydperk woon. Die suidelike distrikte is merkbaar digter bevolk as dié in die noorde. Binne die Europese Unie het slegs Parys en Athene ’n hoër stedelike digtheid. Benewens die Kommunistiese woonstelblokke bestaan daar ook tussenoorlogse geboue en nuwer woonontwikkelings uit die 1990’s en die 21ste eeu. Alhoewel massawoonstelblokke dikwels met die Kommunistiese era verbind word, dateer sodanige beplande behuisingskemas reeds uit die 1920’s.[51]
Die stad se etniese samestelling is baie homogeen, aangesien ongeveer 97,3% van die bevolking volgens beskikbare data Roemene is.[52] Ander belangrike bevolkingsgroepe sluit in Roma, Hongare, Turke, Jode, Duitsers (hoofsaaklik Regat-Duitsers), Chinese, Russe, Oekraïners en Italianers. Van die kleiner gemeenskappe sluit in Grieke, Armene, Koerde, Bulgare, Albanese, Pole, Franse, Arabiere, Afrikane (insluitend Afro-Roemeniërs), Perse, Viëtnamese, Filippyne, Nepalese, Afgane, Sri Lankane, Bangladeshis, Pakistanis en Indiërs in.[53][54][55][56][57][58][59] ’n Totaal van 226 943 inwoners het nie hul etniese verbintenis aangedui nie.[60][61]
Tydens die 2021-bevolkingstelling het 27,5% van die inwoners geen godsdiens genoem nie; onder die 72,5% wat wel data verskaf het, is 92,4% Roemeens-Ortodoks, 1,4% Rooms-Katoliek, 1,3% Protestants, 0,6% Moslems en 0,2% Roemeens-Grieks-Katoliek. Nieteenstaande hierdie samestelling woon slegs 18% van die bevolking – ongeag geloof – gereeld weeklikse eredienste by.[62]
Die gemiddelde lewensverwagting in Boekarest was in 2015 sowat 77,8 jaar, oftewel 2,4 jaar bo die nasionale gemiddelde.[63]
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Boekarest is die sentrum van Roemenië se ekonomie en nywerheidsbasis en dra sowat 24% tot die land se BBP (in 2017) en ongeveer ’n kwart van die industriële produksie by, terwyl dit slegs 9% van die nasionale bevolking huisves.[64] Byna ’n derde van alle nasionale belastinginkomste word deur inwoners en ondernemings in die hoofstad bygedra.
Volgens Eurostat het die lewenstandaard in die streek Boekarest–Ilfov in 2022 190% van die EU-gemiddelde beloop, gemeet aan BBP per kapita volgens koopkragpariteit, aangepas vir plaaslike prysvlakke.[65] Op vergelykbare maatstawwe presteer die streek beter as verskeie ander Europese metropolitaanse gebiede – onder meer Boedapest, Madrid, Berlyn, Rome, Lissabon en Sofia - en beloop dit meer as dubbel die Roemeense nasionale gemiddelde.[66]

Ná die relatiewe ekonomiese stagnasie van die 1990’s het volgehoue groei in die 21ste eeu nuwe infrastruktuurontwikkeling gestimuleer, insluitend groot inkoopsentrums, nuwe woongebiede en hoë kantoortorings. In Januarie 2013 het Boekarest se werkloosheidsyfer slegs 2,1% beloop, vergeleke met die nasionale syfer se 5,8%.[67][68]
Boekarest se ekonomiese struktuur steun op ’n kombinasie van nywerheidsproduksie en dienste, met dienste wat die afgelope dekade besonder vinnig gegroei het. Die stad huisves die hoofkantore van sowat 186 000 ondernemings, waaronder feitlik al die groot Roemeense maatskappye.[69] Sedert 2000 is die vinnig groeiende eiendom- en konstruksiesektor een van die belangrikste dryfkragte vir ekonomiese groei. Boekarest is ook Roemenië se voorste sentrum vir inligtingstegnologie en kommunikasie (IKT) en huisves verskeie sagteware-ondernemings wat binnelandse dienssentrums bedryf. Boekarest se aandelebeurs (Bursa de Valori Bucuresti), wat in 2005 met die elektroniese beurs Rasdaq saamgesmelt het, speel ’n sentrale rol in die stad se finansiële stelsel.
Sedert die laat 1990’s is ’n groot aantal inkopiesentrums en kleinhandelskomplekse gebou, onder meer Baneasa Shopping City, AFI Palace Cotroceni, Mega Mall, București Mall, ParkLake Shopping Centre, Sun Plaza, Promenada Mall en die uitgestrekte Unirea Shopping Centre. Teen 2019 het die stad meer as 20 sulke sentrums gehad.[70][71]
Groot multinasionale maatskappye soos Amazon, Microsoft, Ubisoft, Oracle Corporation en IBM het hulle almal in Boekarest gevestig. Die vernaamste ondernemings in die stad word verder oorheers deur firmas in die motornywerheid, ruolie- en aardgasbedryf (waaronder Petrom), asook die sektore telekommunikasie en vinnige verbruikersgoedere (FMCG).[72][73]
Volgens die Speedtest Global Index was Boekarest in 2023 die sesde vinnigste stad ter wêreld ten opsigte van vastebreëband-internetspoed, met ’n gemiddelde van 250 Mbps – ná Beijing, Sjanghai, Aboe Dhabi, Valparaíso en Lyon.[74]
Vervoer
[wysig | wysig bron]
Boekarest word deur die Pan-Europese Vervoerkorridors IV en IX gekruis, waarmee die stad ’n belangrike vervoerknooppunt in Suidoos-Europa vorm.
Openbare vervoer
[wysig | wysig bron]
Boekarest beskik oor die grootste openbare vervoerstelsel in Roemenië en een van die mees ontwikkeldes in Europa. Die kern hiervan is die Boekarest-metro, die stad se ondergrondse moltreinstelsel, wat deur Metrorex bedryf word. Dit word aangevul deur ’n uitgebreide oppervlakvervoerstelsel onder STB (Societatea de Transport Bucuresti, voorheen RATB), wat busse, trems, trolliebusse en ligtespoordienste insluit. Die privaatminibusroetes, wat vroeër ’n groter rol in stedelike mobiliteit gespeel het, word tans geleidelik uitgefaseer en in die STB-netwerk geïntegreer, met die oog op ’n meer gestruktureerde openbare vervoerstelsel. Tradisionele taxivergunnings is sedert 2007 op 10 000 beperk, maar sedert die 2019-regulering van digitale vervoerdienste het platforms soos Uber, Bolt en FreeNow die aanbod van punt-tot-punt-vervoer aansienlik uitgebrei, wat die praktiese impak van hierdie beperking grootliks verminder het.
Die moltreinnetwerk bestaan uit vyf lyne – M1, M2, M3, M4 en M5 – en word deur Metrorex bedryf. M1, die oudste lyn, is in 1979 geopen,[75] terwyl M5 in 2020 in gebruik geneem is.[76] ’n Sesde lyn, M6, wat ’n direkte skakel na die Henri Coanda- Internasionale Lughawe sal bied, is tans in aanbou.[77]
Spoorvervoer
[wysig | wysig bron]
Boekarest is Roemenië se hoofspoorknooppunt en vorm die sentrale spil van die land se nasionale spoorwegnetwerk, bedryf deur Caile Ferate Romane (CFR). Die belangrikste stasie, Gara de Nord (“Noordstasie”), bied langafstandverbindings na al die groot Roemeense stede, sowel as internasionale bestemmings soos Belgrado, Sofia, Warna, Chișinău, Kijif, Tsjernowitsj, Lwif, Thessaloniki, Wene, Boedapest en Istanboel
Benewens Noordstasie het die stad vyf CFR-stasies, waarvan Basarab, Obor, Baneasa en Progresul die belangrikstes is. Hierdie stasies is geïntegreer in ’n metropolitaanse pendeltreinnetwerk wat Boekarest en die omliggende Ilfov-gebied bedien. Altesaam sewe hoofspoorlyne loop uit die stad uit.
Die oudste spoorwegstasie is Filaret, wat in 1869 geopen en in 1960 deur die Kommunistiese regering in ’n busterminus omskep is.[78]
Lugvervoer
[wysig | wysig bron]
Die Henri Coanda- Internasionale Lughawe (IATA: OTP; ICAO: LROP), wat 16,5 km noord van die stadsentrum in Otopeni, Ilfov, geleë is, is Roemenië se besigste internasionale lughawe. In 2024 het dit ’n rekordgetal van 15 946 791 passasiers vervoer, wat die vorige hoogtepunt van 2019 oortref het.
Die Aurel Vlaicu- Internasionale Lughawe (IATA: BBU; ICAO: LRBS) dien as Boekarest se sake- en BBP-lughawe en is slegs 8 km noord van die middestad geleë, binne die stadsgrense.
Padvervoer
[wysig | wysig bron]Boekarest is ’n sleutelknooppunt in Roemenië se nasionale padnetwerk. Van die land se belangrikste snelweë begin in die hoofstad en verbind dit met Roemenië se grootste stede, asook met Hongarye, Bulgarye en Oekraïne.
Die A1-snelweg na Pitesti (en verder vanaf Sibiu tot by die Hongaars-Roemeense grens), die A2-snelweg – die sogenaamde Snelweg van die Son - na Dobrogea en Constanta, en die A3-snelweg na Ploiesti begin almal in Boekarest. Die netwerk word aangevul deur die nuwe A0-ringsnelweg rondom die hoofstad. Die suidelike halfring is op 30 Junie 2025 vir verkeer geopen, en ongeveer 72% van die totale ring is reeds voltooi of operasioneel, met die res wat nog onder konstruksie is.
Die stad is per pad 182,5 km van Brasov, 202,9 km van Constanta, 407,6 km van Iasi, 451,2 km van Cluj-Napoca en 544,1 km van Timisoara af geleë.[79]
Boekarest se padstelsel maak staat op ’n netwerk van hoëkapasiteitsboulevards wat hoofsaaklik radiaal vanaf die middestad na die buitewyke uitstraal. Drie hoofverkeersasse – noord-suid, oos-wes en noordwes-suidoos – asook ’n binneverkeersring en ’n buitering, dra die grootste deel van die stedelike verkeersvolume.
As gevolg van ’n skerp styging in motorbesit ervaar die stad reeds jare lank hoë verkeersdruk, veral tydens spitsure. Op 1 Julie 2022 was daar in die Boekarest–Ilfov-gebied sowat 1 740 004 geregistreerde voertuie vir ’n bevolking van ongeveer 2,27 miljoen, met ’n verhouding van sowat 0,76 voertuie per inwoner.[80] Die groot aantal voertuie plaas toenemende druk op sekere sekondêre paaie, wat meer gereelde instandhouding vereis.
Een van die kenmerkendste infrastruktuurprojekte van die stad is die Basarab-oorbrug – 1,9 km lank en 43,3-44,5 m breed – wat algemeen as een van die wydste kabelstutbrûe in Europa beskryf word.[81] Dit is in 2011 voltooi en het verkeersvloei op die Grant-brug en in die Gara de Nord-omgewing aansienlik verbeter.[82]
Kultuur
[wysig | wysig bron]Boekarest beskik oor ’n veelsydige en dinamiese kultuurtoneel wat in die afgelope dekades merkbaar uitgebrei het. Die stad se kultuurlewe omvat die visuele kunste, uitvoerende kunste, musiek- en teaterwese, asook ’n lewendige naglewe. Anders as sekere ander Roemeense streke met duidelik afgebakende tradisies, weerspieël Boekarest se kultuur ’n vermenging van plaaslike en internasionale invloede, wat duidelik sigbaar is in sy museums, galerye, argitektuur en openbare ruimtes.
Die stad verenig gevestigde historiese instellings met ’n groeiende aantal nuwe kulturele ondernemings en bied jaarliks ’n uiteenlopende reeks feeste, uitstallings en uitvoerings wat dit een van Oos-Europa se veelsydigste kulturele sentrums maak.
Bakens en besienswaardighede
[wysig | wysig bron]Boekarest beskik oor ’n uiteenlopende versameling bakengeboue wat die stad se veelvlakkige geskiedenis weerspieël – van voormoderne handelsargitektuur en koninklike strukture tot monumentale sosialistiese bouwerk en ikoniese moderne wolkekrabbers.
Die Paleis van die Parlement, wat in die 1980’s onder Ceausescu gebou is, is die stad se bekendste struktuur. Dit is die grootste parlementsgebou ter wêreld en huisves die Roemeense parlement sowel as die nasionale museum vir hedendaagse kuns. Die gebou se enorme skaal en sosialisties-realistiese ontwerp maak dit een van die herkenbaarste politieke en argitektoniese bakens in Oos-Europa.
Die Roemeense Ateneum, ’n neoklassieke konsertsaal uit die laat 19de eeu, word algemeen as die simbool van Roemeense kultuur beskou. As tuiste van die Roemeense Filharmoniese Orkes en sedert 2007 deel van die Europese Erfenisetiket[83][84] is dit bekend vir sy koepelvormige silhoeët, korintiese portaal en ryk versierde interieur. Dit is een van die stad se gewildste kulturele ruimtes.
Die Palatul Regal (“Koninklike Paleis”), wat aan die Rewolusieplein geleë is, was tot 1947 die amptelike woning van die Roemeense koning. Dit huisves tans die nasionale kunsmuseum van Roemenië, met een van die land se belangrikste kunsversamelings. Die paleis se neoklassieke argitektuur en stedelike prominensie maak dit ’n kernkomponent van die hoofstad se historiese landskap.
Die Arcul de Triumf (“Triomfboog”), wat in 1935 voltooi en geïnspireer is deur die Arc de Triomphe in Parys, is ’n sentrale simbool van die Roemeense staat. Die monument vorm die fokus van nasionale paradevieringe en is een van die opvallendste bakens in die noordelike deel van die stad.
Die Hanul lui Manuc (“Manuc se Herberg”), wat in 1808 gestig is, is die oudste bewaarde herberg in Boekarest en ’n seldsame voorbeeld van Ottomaans-Roemeense handelsargitektuur. Die gebou, met sy houtgalerye en binneplein, het ’n belangrike rol gespeel in die stad se kommersiële en diplomatieke geskiedenis en bly ’n gewilde besienswaardigheid in die Ou Stad.
Die Casa Scanteii (“Huis van die Vonk”), wat tussen 1952 en 1957 opgerig is, is ’n sprekende voorbeeld van Stalinistiese monumentaliteit. Dit het die kommunistiese pers en uitgewersbedryf gehuisves en sy fasade vertoon steeds kommunistiese embleme soos die Hamer en Sekel en die Rooi Ster – die enigste plek in Boekarest waar hierdie ikonografie nog integraal tot die gebou is.
Die Grand Hotel Bucharest (voorheen die InterContinental), wat in 1971 voltooi is, was oor dekades heen die hoogste gebou in die stad en is steeds ’n opvallende element in die stadsilhoeët. Die hotel is doelbewus langs die Nasionale Teater geplaas en ontwerp sodat elke kamer ’n ononderbroke uitsig oor die stad bied, wat dit een van die hoofstad se belangrikste moderne bakens maak.[85]
Die Macca–Villacrosse-pas, ’n elegante 19de-eeuse bedekte winkelgang met ’n kenmerkende geel glasdak, is een van Boekarest se herkenbaarste historiese binnehowe. Die pas se boetieks, kafees en voetgangervriendelike ontwerp weerspieël die fin-de-siècle-karakter van die Lipscani-gebied.
Benewens hierdie bakens beskik Boekarest oor verskeie kulturele instellings, waaronder die Nasionale Kunsmuseum van Roemenië, die Grigore Antipa- Nasionale Museum vir Natuurgeskiedenis, die Museum van die Roemeense Boer, die Nasionale Geskiedenismuseum en die Militêre Museum.
- Die Triomfboog is in 1936 ingewy.
- Die fonteine in die Unirii-plein in Sentraal-Boekarest.
- Die liggevulde interieur van die Carturesti Carusel-boekwinkel.
- Therme Boekarest word as die grootste stedelike strandspa in Europa beskou.[86]
Sport
[wysig | wysig bron]

Sokker is die gewildste sportsoort in Boekarest en die stad huisves talle sokkerspanne, waarvan veral CSA Steaua Bucuresti, Dinamo Bucuresti, Rapid Bucuresti en FCSB noemenswaardig is.
Arena Nationala, ’n nuwe stadion wat op 6 September 2011 ingewy is, het in 2012 die eindstryd van UEFA se kampioeneliga aangebied.[87] Dit is met ’n kapasiteit van 55 600 een van die grootste stadions in Suidoos-Europa en ook een van die min met ’n dak.[88]
Boekarest beskik ook oor sportklubs in handbal, waterpolo, vlugbal, rugby, basketbal en yshokkie. Die meeste Roemeense atlete en gimnaste is by ’n klub in Boekarest geaffilieer. Die Romexpo Dome is met ’n kapasiteit van 40 000 die grootste arena in Boekarest. Dit kan word vir boks, skopboks, handbal en tennis gebruik word.
Boekarest het op ’n tydelike stedelike baan rondom die Paleis van die Parlement, genaamd Boekarest Ring, jaarlikse wedrenne aangebied. Die Boekarest City Challenge-ren het FIA GT-, FIA GT3-, British F3- en Logan Cup-wedrenne aangebied.[89] Sedert 2009 het Boekarest die grootste Ferrariwinkel in Oos-Europa en ná die winkel in Milaan die naasgrootste in Europa.[90][91]
In die hoofstad is ook die internasionale tennistoernooie WTA Boekarest Ope en ATP Roemeense Ope aangebied. Yshokkiewedstryde word gehou in die Mihai Flamaropol Arena wat 8 000 toeskouers kan huisves. Die Roemeense nasionale rugbyspan speel die meeste van sy tuiswedstryde op die Stadionul Arcul de Triumf en hier is ook die Roemeense Rugbyfederasie se hoofkantoor geleë.
Boekarest het wedstryde tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2020 op die Arena Națională of Boekarest Nasionale Arena aangebied.[92] Die kampioenskap het in 2021 plaasgevind nadat dit weens die wêreldwye Covid-19-pandemie uitgestel is.
Susterstede
[wysig | wysig bron]
Amman, Jordanië.[93]
Ankara, Turkye.[93]
Athene, Griekeland.[93]
Atlanta, Verenigde State, sedert 1994.[93]
Beijing, Volksrepubliek China, sedert 2005.[93]
Boedapest, Hongarye, sedert 1997.[93]
Chișinău, Moldowa.[93]
Damaskus, Sirië.[93]
Detroit, Verenigde State.[93]
Hannover, Duitsland.[93]
Lagos, Nigerië.[93]
Londen, Verenigde Koninkryk.[93]
Montreal, Kanada.[93]
Nicosia, Siprus, sedert 2004.[93]
Regina, Kanada.[93]
Pretoria, Suid-Afrika.[93]
Sofia, Bulgarye.[93]
Voormalige susterstede (ná die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 beëindig):[94]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 (ro) "Populaţia rezidentă după grupa de vârstă, pe județe și municipii, orașe, comune, la 1 decembrie 2021". Nasionale Statistiekinstituut. 31 Mei 2023. Besoek op 29 April 2026.
- ↑ (en) "Medieval history". Stad Boekarest. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2008. Besoek op 21 Februarie 2008.
- ↑ (en) "Bucharest, the small Paris of the East". Museums from Romania. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2006. Besoek op 21 Februarie 2006.
- ↑ (en) Bucica, 2000, bl. 6.
- ↑ (en) "Bucharest is Booming". qualitestgroup.com. 23 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2020. Besoek op 5 Augustus 2020.
- ↑ (en) "High-Tech Cities: Have You Ever Tried Coffee in Bucharest?". Pentalog. 17 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
- ↑ (en) "How Romania became a popular tech destination". Financial Times. 19 September 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2019. Besoek op 27 September 2019.
- ↑ (en) "Bucharest, In The Top Of Cities With The Most Experts In High-Tech Industry". Romania Journal. 11 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2021. Besoek op 29 Mei 2021.
- ↑ (en) "10 Romanian startups to look out for in 2019 and beyond". EU Startups. 29 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019. Besoek op 13 November 2019.
- ↑ (en) Bryan Martin (6 April 2016). "The Silicon Valley of Transylvania". TechCrunch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2019. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ (en) "World Monuments Fund". World Monuments Fund. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2017. Besoek op 2 Oktober 2017.
- ↑ (en) "Mastercard study: Bucharest is the European city with the highest growth of tourists' number". Business Review. 29 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2019. Besoek op 26 Julie 2019.
- ↑ (en) "Bucharest has highest potential for development in Europe". Travel And Tour World. 15 Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2020. Besoek op 5 Augustus 2020.
- ↑ (en) "Regional Attractiveness Report Romania" (PDF). Price Water house Coopers Global. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 Maart 2006. Besoek op 13 Maart 2006.
- ↑ (en) "Do people in Bucharest really live better than people in Budapest?". Daily News Hungary. 2 Januarie 2022. Besoek op 2 Januarie 2022.
- ↑ (en) "Romania's regions. Bucharest is now richer than Budapest, Banat and Transylvania are more developed than most of Hungary, EU data show". Business Review. 27 Februarie 2019. Besoek op 27 Februarie 2019.
- ↑ (ro) Rosetti, II. bl. 110
- ↑ (en) Cutler, Nellie (2011). "Southeastern Europe". Time for Kids World Atlas. New York, NY: Time for Kids Books. p. 68. ISBN 978-1-60320-884-0.
- ↑ (ro) Georgescu et al., bl. 76–77
- ↑ (en) Giurescu, Constantin C. (1976). History of Bucharest. Boekarest: The Publishing House for Sports and Tourism.
- ↑ (tr) Semseddin, Sâmî (1898). "بكرش". Kamus'ul Alam. Vol. 2. Istanboel: Osmanlıca Sözlükler. p. 533.
- ↑ (tr) Djuvara, Neagu (2013). Între Orient și Occident. Țările române la începutul epocii moderne (1800–1848). Humanitas. ISBN 978-973-50-4083-3.
- ↑ (ro) Giurescu, bl.154-161, 169–171
- ↑ (ro) Giurescu, p.157, 161, 163
- ↑ (ro) Giurescu, p.191-195
- ↑ (ro) "Data". Geocities. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2009. Besoek op 25 Oktober 2009.
- ↑ (ro) "Botanical Garden". Online Gallery. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2006. Besoek op 29 September 2006.
- ↑ (ro) "Fotogalerie – Cum e afectata fauna din Delta Vacaresti de incendii si distrugeri si de ce dureaza atat de mult protejarea zonei". HotNews. 3 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2016. Besoek op 12 Mei 2016.
- ↑ (ro) "Delta Văcăreşti, privită de la etajul 17. Cum s-a transformat lacul lui Ceauşescu în parcul natural urban de astăzi". adevarul.ro. 8 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2016. Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ (ro) "Parcul Natural Văcărești a fost aprobat oficial – "delta" dintre blocuri". Parcul Natural Văcărești. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2016. Besoek op 24 Junie 2016.
- ↑ (ro) Andrei Dumitrescu (28 Mei 2015). "CGMB a avizat declararea lacului Văcăreşti arie naturală protejată". Mediafax. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2016. Besoek op 10 Junie 2016.
- ↑ (ro) "Recensământ 2022: Singurele judeţe în care a crescut populaţia rezidentă în 2021 faţă de nivelul din 2011 sunt Ilfov, Bistriţa-Năsăud şi Suceava". 30 Desember 2022. Besoek op 30 Desember 2022.
- ↑ (ro) Sfetcu, Nicolae (14 November 2015). Bucharest Tourist Guide (Ghid turistic București): Pocket Edition (Ediția de buzunar). Nicolae Sfetcu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2021. Besoek op 29 Mei 2021.
- ↑ (en) "Bucharest, Romania Köppen Climate Classification (Weatherbase)". Weatherbase. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2020. Besoek op 2 Desember 2020.
- ↑ (en) "București Băneasa Climate Normals 1991–2020". National Oceanic and Atmospheric Administration. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2023. Besoek op 29 Augustus 2023.
- ↑ (en) "București Băneasa Climate Normals 1961–1990". National Oceanic and Atmospheric Administration. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2023. Besoek op 29 Augustus 2023.
- ↑ (ro) "București Băneasa: Record mensili dal 1929". Administrația Națională de Meteorologie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2016. Besoek op 1 April 2016.
- ↑ (da) Cappelen, John; Jensen, Jens. "RUMÆNIEN – BUCURESTI/IMH" (PDF). Climate Data for Selected Stations (1931–1960). Danish Meteorological Institute. p. 216. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 April 2013. Besoek op 29 Augustus 2023.
- ↑ (en) "Bucharest, Romania – Detailed climate information and monthly weather forecast". Weather Atlas. Yu Media Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2019. Besoek op 3 Julie 2019.
- ↑ (ro) "Bucharest Crime Statistics 2000–2004". Boekarest Direktoraat-Generaal van Polisie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 16 Julie 2011.
- 1 2 (ro) "DGPMB – Poliția Română" (PDF). b.politiaromana.ro. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2017. Besoek op 2 Oktober 2017.
- 1 2 (en) "Five Romanian cities ranked in top 100 safest in the world". 3 April 2023. Besoek op 3 April 2023.
- ↑ (en) "Homicide in cities | dataUNODC". Verenigde Nasies. Besoek op 29 April 2026.
- ↑ (en) "Worldwide Street Children statistics" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Desember 2011. (20.5 KB), Conrad N. Hilton-stigting/Raad van Europa
- ↑ (en) "The best cities for digital nomads worldwide". en.travel2latam.com. 10 Mei 2024. Besoek op 10 Mei 2024.
- ↑ (en) "Bucharest, Included Again Among The Best Cities For Digital Nomads Worldwide". Romania Journal. 10 Mei 2024. Besoek op 10 Mei 2024.
- ↑ (ro) "Orașele care își pierd locuitorii. Bucureștiul, în topul localitatilor lumii cu cea mai mare rată de scădere a populației". inCont.ro. 9 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2014. Besoek op 25 Desember 2014.
- ↑ (en) "Romanian Statistical Yearbook" (PDF). Natsonale Statistiekinstituut. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 November 2013. Besoek op 16 November 2013.
- ↑ (ro) "One out of three Bucharest employees is a commuter". 25 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2012. Besoek op 29 Junie 2012.
- ↑ (en) "Evaluation of the performance of urban public transport connectivity" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Desember 2016. Besoek op 20 Desember 2016.
- ↑ (ro) "Când a fost construit primul bloc de proprietari și unde se află. Primii împroprietăriți nu au fost bogații". 8 November 2018. Besoek op 8 November 2018.
- ↑ (ro) "Rezultate recensamant 2011 pe Bucuresti – Infografic". Metropotam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2020. Besoek op 16 Februarie 2020.
- ↑ (ro) "Semnele vitale în București și Iași. Localnici în acte și în suflet?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2019. Besoek op 8 Desember 2019.
- ↑ (ro) "România e în plin boom de muncitori asiatici. Dar cine sunt ei?". 30 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2019. Besoek op 8 Desember 2019.
- ↑ (ro) "Copii refugiați afgani bucuroși să meargă la școală în România". UNHCR România. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2020. Besoek op 6 Augustus 2020.
- ↑ (ro) "Cele mai populare localuri din București cu specific indian, libanez, pakistanez, persan". ialoc.ro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2021. Besoek op 25 Mei 2021.
- ↑ (ro) "B1TV.ro – Erdogan, contestat în România: Protest al rezidenţilor kurzi în centrul Capitalei (VIDEO) – B1TV.ro".
- ↑ (ro) "Protest al comunității iraniene din România, în fața Ambasadei: "Mulțumim lui Trump că l-a asasinat pe Soleimani!"". 11 Januarie 2020. Besoek op 11 Januarie 2020.
- ↑ (ro) "Iranienii din București au ieșit în stradă. Moartea lui Mahsa Amini a generat proteste în toată lumea".
- ↑ (ro) "Recensământul populatiei şi al locuințelor" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Julie 2012. Besoek op 19 Julie 2012.
- ↑ (en) "Bucharest Virtual Museums Tours [Part 1] -". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2020. Besoek op 9 Desember 2020.
- ↑ (en) "Open Society Institute's Survey into Religiosity in Romania". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2006. Besoek op 23 Junie 2006.
- ↑ (en) "Where is the highest life expectancy in Romania?". 5 Mei 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2017. Besoek op 8 September 2017.
- ↑ (en) "Joint Inclusion Memorandum of Romania". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2013. Besoek op 14 April 2011.
- ↑ (en) "Gross domestic product (GDP) at current market prices by NUTS 3 region". Besoek op 22 November 2025.
- ↑ (en) "Regional GDP per capita ranged from 29% to 611% of the EU average in 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
- ↑ (ro) "AMOFM: Rata șomajului în București a fost de 2,05%, la sfârșitul lunii ianuarie". capital.ro. 8 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2013. Besoek op 22 April 2013.
{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ (ro) "Situația statistică a șomajului înregistrat la 31 ianuarie 2013". Agenția Națională Pentru Ocuparea Forței de Muncă. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 8 Julie 2018.
- ↑ (ro) "Toți bucureștenii vor avea dosar fiscal din 2006". Averea. 15 Desember 2005. Besoek op 1 Junie 2016. [dooie skakel]
- ↑ (ro) "Analiză Infografic – Topul mallurilor cu cele mai mari afaceri din România". Profit TV. 24 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 25 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Top 5 Malls to Visit in Bucharest". Profit TV. 23 Oktober 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 25 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Oracle, Microsoft, IBM, among most wanted employers in Romania". www.romania-insider.com. 18 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 25 Augustus 2019.
- ↑ (ro) "Amazon a deschis centrul din București și pregătește angajări". Profit TV. 9 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 25 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Median City Speeds December 2023". Speedtest. Besoek op 12 Februarie 2024.
- ↑ (ro) "16 noiembrie, Ziua Metroului. Ce amintiri au Octavian Udriște și alți foști directori". 16 November 2020.
- ↑ (ro) "Linia M5 Râul Doamnei – Eroilor".
- ↑ (ro) "M6, Secțiunea Sud, organizare de șantier principală". Magistrala 6. 19 Februarie 2024. Besoek op 16 November 2025.
- ↑ (ro) Cristina Răduță (8 Maart 2014). "Poveștile gărilor din Bucureşti. Cum a vrut Ceauşescu să demoleze Gara de Nord, ridicată din ordinul Regelui Carol I. Filaret, prima gară din București". Adevărul. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2015. Besoek op 17 Junie 2015.
- ↑ (en) "Distance from Bucharest to Brașov". Distantarutiera.ro. Besoek op 10 Maart 2025.
- ↑ (en) "Car Ownership in Bucharest-Ilfov: A Statistical Overview". Behance.net. Besoek op 22 November 2025.
- ↑ (ro) Noutati (28 April 2007). "Bucureștenii beneficiază de cel mai mare punct intermodal din România! " Pasajul Basarab". Pasajulbasarab.ro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2011. Besoek op 25 Augustus 2011.
- ↑ (ro) "Video – Primele efecte ale Pasajului Basarab: Cum s-a degrevat traficul de pe Podul Grant și din zona Gării de Nord – Esențial". HotNews. Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2011. Besoek op 2 September 2011.
- ↑ (en) "Romanian Athenaeum awarded Label of European Heritage". NAVO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2008. Besoek op 15 April 2008.
- ↑ (ro) "Istoric Ateneu". FGEB. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2021. Besoek op 27 Januarie 2021.
- ↑ (ro) "Hotel Intercontinental Bucharest". Hotel-bucuresti.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2015. Besoek op 12 Maart 2015.
- ↑ (en) Rachel Dixon (29 Februarie 2020). "Steamy scenes at low prices: Bucharest's affordable luxury spa". The Guardian. Besoek op 30 April 2026.
- ↑ (ro) Adi Dobre (29 Oktober 2010). "Mircea Sandu: "Facem inaugurarea stadionului Național cu Franța" – Naționala". EVZ.ro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2012. Besoek op 18 Mei 2012.
- ↑ (ro) "Oprescu: "Stadionul Național va fi gata în decembrie 2010!"". Prosport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2013. Besoek op 31 Mei 2013.
- ↑ (ro) "Bucharest GP în iulie 2011". Motorsportnews. 28 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2010. Besoek op 8 Desember 2010.
- ↑ (en) "Ferrari Store Opened in Bucharest, Romania". Auto Evolution. 7 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2019. Besoek op 24 Augustus 2019.
- ↑ (ro) "Cel mai mare magazin Ferrari pe Calea Victoriei". Bucuresti Tourneo. 25 November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2019. Besoek op 24 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Bucharest – UEFA Euro 2020 Hospitality". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2020. Besoek op 17 Maart 2020.
- 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 (ro) "Cu cine este înfrăţit Bucureştiul?". Adevarul. 21 Februarie 2011. Besoek op 30 April 2026.
- ↑ (ro) "Care-i cel mai… înfrățit oraș din România? Care-i cu americanii, care-i cu rușii? Și care-i înfrățit cu Timișoara…". Banatul Azi. 6 Augustus 2016. Besoek op 30 April 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Boekarest. |
- (en) Toerisme-inligting oor Boekarest op Wikivoyage
- (ro) Amptelike webwerf
- (en) "Bucharest". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 September 2024.