RSS Amplifier

Podcast

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

maroelamedia.co.zaSource feed ↗11 episodes

Live Last read · last published · next check

Latest episodes

Saves to your Listen queue, to pick up on another day or another device.

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster

Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die wenk van die week gesels hulle oor hoe SVI jou kan help om jou voertuig te beveilig en vertel jou hoe dit met Tristin Pienaar in…

Play

Wiel2Wiele gee hul indrukke van nuwe Seltos

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige, splinternuwe Kia Seltos, wat met drie enjins aangebied word – onder andere ’n 1.5-liter-turbodiesel. Hulle vat jou dan saam op die pad in die Lexus RZ 550e F-Sport en die Land Cruiser FJ. Wiele2Wiele op Facebook Wiele2Wiele op Maroela Media

Play

Wiele2Wiele ry twee bussies

Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy ’n motorfiets wil koop wat ’n spesiale uitgawe in sy tyd was. Wiele2Wiele op Facebook Wiele2Wiele op Maroela Media

Play

Wiele2Wiele ry Kia Carens

Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is dan tyd vir die stof, spoed en avontuur van die GR Stella 1000-marathon-veldtydren, waar Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika se Guy…

Play

Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie

Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur. Wiele2Wiele op Facebook Wiele2Wiele op Maroela Media

Play

Wiele2Wiele: Land Rover Defender 130 onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die groot Land Rover Defender 130, die giftige Toyota GR Yaris en die GAC GS3 Emzoom. Wiele2Wiele op Facebook Wiele2Wiele op Maroela Media

Play

Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal: die Lepas L4 en die Jaecoo J7. Wiele2Wiele op Facebook Wiele2Wiele op Maroela Media

Play

Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep

Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië. Wiele2Wiele op Facebook Wiele2Wiele op Maroela Media

Play

Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele vat Carl die pad saam met Volkswagen en sy Amarok-modelle op ’n avontuur wat min mense ooit self beleef! Van die asemrowendste dele van KwaZulu-Natal, oor die legendariese Sanipas in Lesotho – selfs die ruwe skoonheid van die Oos-Kaap… dit het boonop gesneeu ook tydens hul avontuur. Intussen toets Clinton die nuwe Atto 2 DM-i by die BYD-bekendstelling, hulle deel…

Play

Wiele2Wiele ry Defender Octa en Mustang GT

Hierdie week vir Wiele2Wiele het hulle twee baie spesiale padtoetse: die Land Rover Defender Octa met sy 4,4 liter-biturbo V8 en dan die Ford Mustang GT. Vir die tegniese wenk van die week gesels hulle oor die maksimumsnelheid van ’n binnebrandenjin. Hulle is ook breëbors trots op ons Suid-Afrikaner, Steven Odendaal, wat saam met sy BMW Motorrad World Endurance-span, die 8 Hours of Spa…

Play

Wiele2Wiele ry nuwe RAV4, iCAUR

Toyota het sy sesde-generasie RAV4 bekend gestel – ’n pragtige sportnutsvoertuig met gevorderde tegnologie wat wys hoe ver die model ontwikkel het sedert die eerste RAV4 in 1994 bekendgestel is. iCAUR het ook sy unieke en eiesoortige V23- en 03T-modelle bekendgestel. Vir die tegniese wenk van die week word daar oor enjinkapasiteit en silinders gesels, en dan gee hulle vir jou ‘n opsomming van die…

Play