# jacinta ngobese zuma (blogs) — RSS Amplifier

Recent posts from the 2 feeds in the RSS Amplifier directory that cover jacinta ngobese zuma.

Page: <https://rssamplifier.com/topics/jacinta-ngobese-zuma/blogs>  
Feed: <https://rssamplifier.com/topics/jacinta-ngobese-zuma/blogs.md>

---

## [Carlton Cup-halfeindstryd: TUKS klop Centurion vir plek in eindstryd](https://nuusflits.com/carlton-cup-halfeindstryd-tuks-klop-centurion-vir-plek-in-eindstryd/)

_2026-08-26 · Louise Esterhuizen · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Saterdag 22 Augustus was D-dag vir die halfeindwedstryde in die Sanlam Carlton Cup. Die Carlton Cup is die Blou Bul-rugbyunie (BBRU) se vertoonvenster vir hul klubrugbytalent. TUKS het hul staal gewys en Centurion in ‘n pragwedstryd gewen. Geskiedenis van die BBRU Carlton Cup Ongeveer 120 jaar gelede het daar ’n onbekende trofee op die rak \[…\] The post Carlton Cup-halfeindstryd: TUKS klop…

## [Sassa bevestig September-betaaldatums](https://nuusflits.com/sassa-september-betaaldatums/)

_2026-08-26 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Sassa het die September 2026-betaaldatums bevestig en herinner begunstigdes daaraan dat ’n vierde betaaldag steeds in plek is vir toelaes wat onder hersiening is. Die skedule is: 2 September – ouderdomstoelaes, 3 September – gestremdheidstoelaes, 4 September – kindertoelaes, 7 September – begunstigdes wie se toelaes onder hersiening is. Sassa beklemtoon dat 7 September nie \[…\] The post Sassa…

## [Meer as R200 m. se vermoedelike kokaïen op lughawe onderskep](https://nuusflits.com/meer-as-r200-miljoen-kokaien-or-tambo/)

_2026-08-26 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

GAUTENG. – Die polisie en wetstoepassingsowerhede het Dinsdag op meer as R200 miljoen se vermoedelike kokaïen by die OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) beslag gelê. Die beslaglegging is gedoen in twee afsonderlike onderskeppings. Volgens brig. Athlenda Mathe, die nasionale polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes wat by Ortia gestasioneer is, die besendings saam met onder meer doeanebeamptes…

## [Absa Run Your City Tshwane 10K verf die Jakarandastad rooi](https://nuusflits.com/absa-run-your-city-tshwane-10k-verf-die-jakarandastad-rooi/)

_2026-08-25 · Louise Esterhuizen · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Sondag 23 Augustus het die Absa Run Your City Tshwane 10K die Jakarandastad rooi geverf. Die Tshwane-been van die gewilde RYC-reeks was tot 2025 die jongste in die reeks en het hierdie jaar sy vierde verjaardag gevier. ’n Wedloop wat in 2023 met slegs 6 000 deelnemers begin het, het hierdie jaar tot meer as \[…\] The post Absa Run Your City Tshwane 10K verf die Jakarandastad rooi appeared first on…

## [Atletiek Gauteng-Noord maak gereed vir ASA-veldloopkampioenskappe](https://nuusflits.com/atletiek-gauteng-noord-maak-gereed-vir-asa-veldloopkampioenskappe/)

_2026-08-25 · Louise Esterhuizen · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Curro Hazeldean sal die gasheer wees vir die ASA Nasionale Veldloopkampioenskappe op 5 September 2026. Atletiek Gauteng-Noord (AGN) het reeds ‘n toetslopie vir die kampioenskappe gehad toe hulle op 15 Augustus hul provinsiale kampioenskappe suksesvol daar aangebied het. AGN sal graag hul buurprovinsie op eie bodem wil onttroon. Sentraal-Gauteng Atletiek het laasjaar bo-aan die provinsiale \[…\] The…

## [Amaphoyisa afuna uQoma awasize ngophenyo lokubulawa kwabantu](https://www.ezangempela.co.za/2026/08/24/amaphoyisa-afuna-uqoma-awasize-ngophenyo-lokubulawa-kwabantu/)

_2026-08-24 · Ezangempelaforreal · siziletha zishisa_

Amaphoyisa KwaZulu-Natal anxusa uZamani Bhekisimo Qoma ukuba anikele esiteshini samaphoyisa esiseduze ukuze asize ophenyweni oluqhubekayo mayelana necala lokubulawa

## [Nieu-Seeland volg Australië om onder-16’s van sosiale media te hou](https://nuusflits.com/nuwe-seeland-sosiale-media-onder-16/)

_2026-08-24 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

NIEU-SEELAND. – Nieu-Seeland beplan om kinders jonger as 16 jaar van sosialemediaplatforms te weerhou. Die regering het vandag (Maandag) aangekondig dat hy wetgewing sal indien wat sosialemediamaatskappye sal verplig om redelike stappe te doen om te keer dat onder-16’s rekeninge op hul platforms het. Risiko’s vir kinders sal deur die voorgestelde wet deur die platforms \[…\] The post Nieu-Seeland…

## [Dwelms op lughawe in haarkapperspop gevind](https://nuusflits.com/dwelms-op-lughawe-in-haarkapperspop-gevind/)

_2026-08-24 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

VRYSTAAT. – ’n 36-jarige vrou is by die Bram Fischer Internasionale Lughawe in Bloemfontein in hegtenis geneem, nadat 232 voorwerpe, vermoedelik rocks of crack-kokaïen, in ’n haarkapperspop se kop gevind is. Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, is beamptes van sigbare polisiëring, wat vir misdaadvoorkoming by die lughawe verantwoordelik is, Saterdag omstreeks 11:30 deur ’n…

## [4-jarige dood in Winburg-begraafplaas gevind](https://nuusflits.com/4-jarige-dood-in-winburg-begraafplaas-gevind/)

_2026-08-24 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

VRYSTAAT. – ’n 4-jarige seun is Vrydag dood, met verskeie beserings aan sy kop en liggaam, in ’n begraafplaas in Winburg gevind. Volgens polisiewoordvoerder, sers. Palesa Thabana, is Rethabile Lefa Jafta Donderdag as vermis aangemeld. ’n Soektog na hom is van stapel gestuur. Die polisie is na die begraafplaas in Valkop, naby die Phahameng- informele \[…\] The post 4-jarige dood in…

## [Doll head packed with 232 stones leads to Bram Fischer International Airport drug arrest](https://nuusflits.com/bram-fischer-international-airport-drug-arrest/)

_2026-08-23 · Daily Pod Editorial · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

A 36-year-old woman was arrested at Bram Fischer International Airport after 232 stones suspected to be crack cocaine were found inside a doll head. The post Doll head packed with 232 stones leads to Bram Fischer International Airport drug arrest appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [AI News Summaries & Audio (Sponsored)](https://crawlproof.com/a/7QMyIxfEA1fD)

_2026-08-23 · **Sponsored**_

Tap an article for an AI summary and an audio briefing.

## [Springbokke teen All Blacks: Kaapstad maak gereed vir 62 000 ondersteuners](https://nuusflits.com/springbokke-all-blacks-kaapstad-padsluitings-parkering/)

_2026-08-23 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Stad Kaapstad verwag 62 000 toeskouers by die DHL-stadion vir Saterdag se toets tussen die Springbokke en All Blacks. Padsluitings geld van 06:00 tot 22:30. The post Springbokke teen All Blacks: Kaapstad maak gereed vir 62 000 ondersteuners appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Wat gebeur op jou kind se Discord? Só kan kinders deur vreemdelinge geteiken word](https://nuusflits.com/wat-gebeur-op-jou-kind-se-discord/)

_2026-08-23 · Nuusflits Redaksiespan · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Discord lyk op die oog af soos ’n plek waar kinders en tieners oor rekenaarspeletjies, musiek en ander belangstellings gesels. Die platform kan egter ook geleenthede skep vir mense wat kinders doelbewus aanlyn teiken. Discord kombineer teksboodskappe, stem- en video-oproepe met aanlyn gemeenskappe wat “servers” genoem word. ’n Kind kan byvoorbeeld by ’n server aansluit \[…\] The post Wat gebeur op…

## [Pa los 7-jarige seun alleen op berg Foedji](https://nuusflits.com/pa-los-7-jarige-seun-alleen-op-berg-foedji/)

_2026-08-23 · Nuusflits · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

JAPAN. – ’n Pa (48) in Japan is deur die polisie berispe nadat hy sy 7-jarige seun alleen op berg Foedji gelos het terwyl hy voortgegaan het om na die bergpiek te klim. Volgens die Japan Times het die seuntjie vir sy pa by die berg se sesde stasie op ‘n hoogte meer as 2 \[…\] The post Pa los 7-jarige seun alleen op berg Foedji appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Skool se finansiële klerk in hof vir beweerde bedrog](https://nuusflits.com/skool-se-finansiele-klerk-in-hof-vir-beweerde-bedrog/)

_2026-08-23 · Nuusflits · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

NOORDWES. – Kebafilwe Sylvia Mokgosi, ’n finansiële klerk by Hoërskool Ramatu, het Vrydag 21 Augustus 2026 in die Lehurutshe-landdroshof op 10 aanklagte van bedrog verskyn. Volgens lt.kol. Tinyiko Mathebula, polisiewoordvoerder, volg die arrestasie op ’n ondersoek na bewerings dat sy na raming meer as R244 000 by Hoërskool Ramatu op Lehurutshe wederregtelik toegeëien het. Luidens \[…\] The post…

## [Een vas ná moord op 89-jarige Bloemhof-vrou](https://nuusflits.com/een-vas-na-moord-op-89-jarige-bloemhof-vrou/)

_2026-08-23 · Nuusflits · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

NOORDWES. – ’n Man (51) is in hegtenis geneem nadat ’n 89-jarige vrou op Vrydag 21 Augustus 2026 by haar huis op Bloemhof aangeval en later oorlede is. Kapt. Majang Skalkie, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die vrou se seun is na haar huis om te kyk hoe dit met haar gaan. Met sy aankoms \[…\] The post Een vas ná moord op 89-jarige Bloemhof-vrou appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se…

## [Twee in hegtenis na moord op bokser Zolani Tete](https://nuusflits.com/twee-in-hegtenis-na-moord-op-bokser-zolani-tete/)

_2026-08-23 · Nuusflits · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

ZWELITSHA. – Die polisie het twee mans in verband met die moord op die bekende bokser, Zolani Tete, in hegtenis geneem. Tete is op 21 Augustus 2026 by NU17, Mdantsane, doodgeskiet. Volgens brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, is die twee verdagtes, 30 en 22 jaar oud, op Saterdag 22 Augustus 2026 in Ku Gompo aangekeer. “Dit \[…\] The post Twee in hegtenis na moord op bokser Zolani Tete…

## [Aardse mikrobes kan maan kontamineer, sê Nasa](https://nuusflits.com/aardse-mikrobes-kan-maan-kontamineer-se-nasa/)

_2026-08-23 · Nuusflits · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

VSA. – Wetenskaplikes het bevind dat sekere kieme wat mense saamdra, dalk in die koue, donker gebiede by die suidpool van die maan kan oorleef, sê die Amerikaanse Lugvaart- en Ruimteadministrasie (Nasa). Hierdie mikrobes kan maklik saam met ruimtevaarders reis en in beskutte plekke op die maan oorleef. Die studie is op 19 Augustus 2026 \[…\] The post Aardse mikrobes kan maan kontamineer, sê Nasa…

## [Springboks All Blacks first Test: Erasmus says errors decided it](https://nuusflits.com/springboks-all-blacks-first-test/)

_2026-08-23 · Daily Pod Editorial · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Rassie Erasmus recalled past setbacks after the 33-16 first Test defeat by the All Blacks, saying the Boks must now win three matches in a row. The post Springboks All Blacks first Test: Erasmus says errors decided it appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [All Blacks draai wedstryd om en klop Springbokke](https://nuusflits.com/all-blacks-klop-springbokke-ellis-park/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Springbokke se fisieke oorhand het verdwyn toe die All Blacks in die tweede helfte momentum oorgeneem en die wedstryd omgedraai het. The post All Blacks draai wedstryd om en klop Springbokke appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Springbokke fisiek baas oor All Blacks in eerste helfte](https://nuusflits.com/springbokke-all-blacks-halftyd-fisiek-dominant/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Springbokke het die All Blacks in die eerste helfte fisiek oorheers, maar twee groot driekanse naby die doellyn laat glip. The post Springbokke fisiek baas oor All Blacks in eerste helfte appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [AI QA That Opens Fix PRs (Sponsored)](https://crawlproof.com/a/bIDvFLzFzsMV)

_2026-08-22 · **Sponsored**_

Runs browser QA, files issues with repro evidence, and opens fix PRs.

## [Wat gebeur op jou kind se foon? Malmesbury-saak waarsku ouers](https://nuusflits.com/wat-gebeur-op-jou-kind-se-foon-malmesbury-saak-waarsku-ouers/)

_2026-08-22 · Nuusflits Redaksiespan · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

MALMESBURY. – Telegram. Discord. Snapchat. Instagram. Dit is apps wat miljoene kinders elke dag gebruik. Maar volgens die staat is dit ook platforms waardeur ’n 16-jarige seun van Malmesbury glo kontak gemaak het met Amerikaanse kinders tussen 11 en 17 jaar oud. Die tiener word met die internasionale gewelddadige aanlyn netwerk bekend as “764” verbind. \[…\] The post Wat gebeur op jou kind se foon?…

## [Harry en Meghan keer terug na Brittanje: jongste oor hulle verhuising na die VK](https://nuusflits.com/harry-meghan-verhuis-brittanje-vk-terugkeer/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Prins Harry en Meghan beplan glo ’n terugkeer na Brittanje saam met Archie en Lilibet. Die jongste oor die verhuising, veiligheid en Meghan se loopbaan. The post Harry en Meghan keer terug na Brittanje: jongste oor hulle verhuising na die VK appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Nuwe lugvaartreëls verander vereistes vir vliegtuigenjins wat oorhaaltyd bereik](https://nuusflits.com/nuwe-lugvaartregulasies-vliegtuigenjins-oorhaaltyd-2026/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Suid-Afrika se burgerlugvaartregulasies is gewysig om nuwe vereistes vir die instandhouding van sekere private vliegtuie en suierenjins wat hulle voorgeskrewe oorhaaltyd bereik het, uiteen te sit. The post Nuwe lugvaartreëls verander vereistes vir vliegtuigenjins wat oorhaaltyd bereik appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Smokkelsigarette ter waarde van R2 m. onderskep](https://nuusflits.com/smokkelsigarette-ter-waarde-van-r2-m-onderskep/)

_2026-08-22 · Nuusflits · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

SUID-AFRIKA. – Twee mans van 23 en 35 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem nadat die polisie onwettige sigarette ter waarde van byna R2 miljoen in ’n vragmotor by die Groblersbrug-grenspos in die Waterbergdistrik ontdek het. Die sigarette was onder ’n vrag steenkool versteek. Lede van Grenspolisie en Doeane het omstreeks 11:00 op Vrydag \[…\] The post Smokkelsigarette ter waarde van R2 m.…

## [Meisie kry 7 jaar tronkstraf vir verkragting op Calvinia](https://nuusflits.com/meisie-sewe-jaar-tronkstraf-verkragting-calvinia/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

’n Tienermeisie is in die Calvinia-streekhof tot sewe jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat sy aan verkragting skuldig bevind is. The post Meisie kry 7 jaar tronkstraf vir verkragting op Calvinia appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Donkie uit rioolput gered, sterk goed aan](https://nuusflits.com/donkie-rioolput-hebron-gered/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

’n Donkie wat in Hebron in ’n rioolput vasgeval het, sterk goed aan nadat die Tshwane DBV en ander organisasies hom gered het. The post Donkie uit rioolput gered, sterk goed aan appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Só lyk Springbokspan vir kragmeting teen All Blacks](https://nuusflits.com/springbokspan-all-blacks-ellispark-22-augustus-2026/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Rassie Erasmus het die Springbokspan vir vandag se toets teen die All Blacks op Ellispark bekendgemaak. Damian de Allende speel sy 100ste toets. The post Só lyk Springbokspan vir kragmeting teen All Blacks appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Chemoterapie ’n eerste vir luislang](https://nuusflits.com/chemoterapie-eerste-luislang-jodie-foster/)

_2026-08-22 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

’n Luislang by Chester Zoo het herstel ná baanbrekende elektrochemoterapie wat glo vir die eerste keer op ’n slang gebruik is. The post Chemoterapie ’n eerste vir luislang appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [TikTok gaan $400 m. opdok in saak oor kinders se privaatheid](https://nuusflits.com/tiktok-gaan-400-m-opdok-in-saak-oor-kinders-se-privaatheid/)

_2026-08-22 · Una Engelbrecht · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

VSA. – TikTok het ingestem om $400 miljoen aan die Amerikaanse regering te betaal om ‘n regsgeding te skik waarin beweer word dat die platform kinders se privaatheid geskend het. Dit is een van die grootste skikkings ooit oor die kwessie. Volgens AP News spruit die ooreenkoms voort uit ‘n regsgeding wat die Amerikaanse Departement \[…\] The post TikTok gaan $400 m. opdok in saak oor kinders se…

## [Hoërskoolleerlinge met swaard aangeval in Swede](https://nuusflits.com/hoerskoolleerlinge-met-swaard-aangeval-in-swede/)

_2026-08-22 · Una Engelbrecht · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

STOCKHOLM. – Een persoon is dood en verskeie beseer nadat ‘n man Vrydag hoërskoolleerlinge in Sentraal-Swede met ‘n swaard aangeval het. Volgens die BBC is die polisie kort ná 14:00 plaaslike tyd na die Brinell-skool in Fagersta ontbied. ‘n 18-jarige man is daar in hegtenis geneem. Volgens die polisie het beamptes op die verdagte geskiet \[…\] The post Hoërskoolleerlinge met swaard aangeval in Swede…

## [Trade Smarter With IBKR (Sponsored)](https://crawlproof.com/a/m5eDhbIRf2Ia)

_2026-08-22 · **Sponsored**_

Join Interactive Brokers through a referral and start investing with low-cost global access.

## [Springbokke teen All Blacks: Bokke opgewonde oor &#8220;spesiale&#8221; reeks](https://nuusflits.com/springbokke-teen-all-blacks-rgr-reeks/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Springbokke teen All Blacks: Mzwandile Stick en Pieter-Steph du Toit praat oor die RGR-reeks en Damian de Allende se 100ste toets. The post Springbokke teen All Blacks: Bokke opgewonde oor “spesiale” reeks appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Regskennisgewings gepubliseer op 21 Augustus 2026 nou aanlyn beskikbaar](https://nuusflits.com/regskennisgewings-gepubliseer-op-21-augustus-2026-nou-aanlyn-beskikbaar/)

_2026-08-21 · Jana Engelbrecht · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Regskennisgewings wat op Vrydag 21 Augustus 2026 gepubliseer is, is nou aanlyn beskikbaar en kan gratis besigtig word. Die volledige lys van kennisgewings vir 21 Augustus kan hier besigtig word: Regskennisgewings vorm ’n belangrike deel van verskeie regs- en administratiewe prosesse in Suid-Afrika. Dit word onder meer gebruik om belanghebbendes, skuldeisers en lede van die \[…\] The post…

## [SAPD en SABRIC waarsku oor bedrog met draagbare PIN-toestelle](https://nuusflits.com/saps-waarsku-oor-draagbare-pin-toestelle/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die polisie en die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om waaksaam te wees wanneer betalings met draagbare POS- of PIN-toestelle gedoen word. Volgens polisiewoordvoerder, kol. Cherelle Ehlers, kan misdadigers draagbare PIN-toestelle misbruik om ongemagtig toegang tot bankinligting te verkry of transaksies te manipuleer. Die publiek word aangeraai om hul…

## [NVG trek bedrog-en-korrupsiesaak teen Khumalo en 7 ander terug](https://nuusflits.com/npa-trek-khumalo-korrupsiesaak-terug/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

GAUTENG. – Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die bedrog-en-korrupsiesaak teen luitenant-generaal Dumisani Khumalo en sewe ander senior polisiebeamptes teruggetrek. Die NVG se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die besluit volg nadat adv. Andy Mothibi, die nasionale direkteur van openbare vervolgings, ingevolge die Grondwet en die NVG-wet ingegryp het. Die beskuldigdes is Khumalo, die…

## [KYK: JACOBUS en Demi Lee Moore sing saam op nuwe enkelsnit](https://nuusflits.com/jacobus-demi-lee-moore-probeer/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

JACOBUS se musiekloopbaan het ’n besonderse wending geneem met die vrystelling van sy nuwe enkelsnit, Probeer, saam met Demi Lee Moore. Fanie Nel van die Coleske Groep sê die jong sanger en liedjieskrywer het aanvanklik die aandag van Coleske Artists getrek, nadat hy sy weergawe van Moore se wenliedjie uit die eerste seisoen van Die \[…\] The post KYK: JACOBUS en Demi Lee Moore sing saam op nuwe…

## [Volvo XC60 T8: 340 kW-inprophibried kombineer krag en luuksheid](https://nuusflits.com/volvo-xc60-t8-340-kw-inprophibried/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Volvo XC60 T8 lewer 340 kW en 709 Nm, bied tot 81 km elektriese reikafstand en kombineer inprophibriedkrag met Sweedse luuksheid. The post Volvo XC60 T8: 340 kW-inprophibried kombineer krag en luuksheid appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Chery Tiggo 9: luukse sewesitplek-SUV bied baie vir sy prys](https://nuusflits.com/chery-tiggo-9-luukse-sewesitplek-suv/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Chery Tiggo 9 bied sewe sitplekke, 187 kW, 390 Nm, ’n 15,6-duim-skerm en ’n lang lys luukse en veiligheidskenmerke. The post Chery Tiggo 9: luukse sewesitplek-SUV bied baie vir sy prys appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Omoda C7: styl, tegnologie en SHS-hibriedkrag](https://nuusflits.com/omoda-c7-petrol-shs-hibried/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Omoda C7 bied 145 kW petrolkrag of ’n 255 kW SHS-inprophibried met tot 105 km elektriese reikafstand en hope tegnologie. The post Omoda C7: styl, tegnologie en SHS-hibriedkrag appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Jeep Gladiator Rubicon: ’n bakkie gebou vir avontuur](https://nuusflits.com/jeep-gladiator-rubicon-gebou-vir-avontuur/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Jeep Gladiator Rubicon kombineer ’n 209 kW V6-enjin, ernstige 4x4-vermoë, ’n oopdak-ontwerp en ’n praktiese dubbelkajuit-laaibak. The post Jeep Gladiator Rubicon: ’n bakkie gebou vir avontuur appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Volvo EX30 Cross Country: elektriese avontuur met 315 kW](https://nuusflits.com/volvo-ex30-cross-country-elektriese-avontuur/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Volvo EX30 Cross Country lewer 315 kW en 543 Nm, met AWD, 190 mm grondvryhoogte en ’n reikafstand van tot ongeveer 436 km. The post Volvo EX30 Cross Country: elektriese avontuur met 315 kW appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Nuwe 2D-strepieskodes kom: Só kan dit verbruikers help](https://nuusflits.com/nuwe-2d-strepieskodes-kom-so-kan-dit-verbruikers-help/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

GAUTENG. – Suid-Afrikaanse verbruikers sal toenemend meer inligting oor produkte met hul selfone kan bekom namate die kleinhandelbedryf na ’n nuwe generasie 2D-strepieskodes oorskakel. Die Raad vir Verbruikersgoedere en -dienste (CGCSA) en GS1 South Africa is besig met die oorgang na 2D-strepieskodes, wat aansienlik meer inligting as tradisionele strepieskodes kan gee. Dit kan onder meer \[…\] The…

## [Isuzu D-MAX V-CROSS 4&#215;4: luuks, taai en gebou vir Suid-Afrika](https://nuusflits.com/isuzu-d-max-v-cross-4x4/)

_2026-08-21 · Die Nuusblad · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Die Isuzu D-MAX V-CROSS 4x4 kombineer 140 kW, 450 Nm, luukse gerief, moderne veiligheidstegnologie en ernstige 4x4-vermoë. The post Isuzu D-MAX V-CROSS 4×4: luuks, taai en gebou vir Suid-Afrika appeared first on Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant .

## [Tot 1 200 poste op die spel by African Bank](https://nuusflits.com/african-bank-1200-poste-op-die-spel/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

GAUTENG. – Tot 1 200 poste en 90 takke van African Bank kan in die slag bly as deel van ’n voorgestelde herstrukturering. Die bank het met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Bankamptenare (Sasbo) konsultasies ingevolge artikel 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge begin. Die proses kan tot 1 200 werksverliese en die sluiting van tot \[…\] The post Tot 1 200 poste op die spel by African Bank…

## [Meer as 300 vroue oorweeg regstappe ná YAZ Plus-herroeping](https://nuusflits.com/meer-as-300-vroue-yaz-plus-herroeping/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

GAUTENG. – Meer as 300 vroue het volgens regsverteenwoordigers navraag gedoen oor moontlike regstappe, nadat ’n spesifieke besending van YAZ Plus-voorbehoedpille weens ’n verpakkingsfout herroep is Die Suid-Afrikaanse Beheerraad vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het in November 2024 die herroeping van besending WEW96J aangekondig. Sommige pakkies het 24 suikerpille en slegs vier hormoonpille bevat,…

## [Joré in trane toe skoolleierskapdroom waar word](https://nuusflits.com/jore-benade-skoolleierskapdroom/)

_2026-08-21 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

LIMPOPO. – Trane het oor Joré Benade (16) se wange gerol toe sy by Hoërskool Pietersburg as een van die skool se nuwe leiers aangewys is. Die gr.11-leerling het uiteindelik die posisie gekry waarvan sy sedert gr. 8 droom – onderhoofmeisie met kultuur as portefeulje. Die Pietie vertel: “”’n Deel van my wou nog altyd \[…\] The post Joré in trane toe skoolleierskapdroom waar word appeared first on…

## [Absa se tak- en kitsbanknetwerk krimp namate kliënte digitaal bank](https://nuusflits.com/absa-takke-kitsbanke-krimp/)

_2026-08-20 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

Absa het in die eerste helfte van 2026 sy tradisionele banknetwerk verder verklein namate meer kliënte van digitale bankdienste gebruik maak. Volgens BusinessTech se ontleding van Absa se jongste finansiële inligting het die aantal tradisionele banktakke met 18% tot 359 afgeneem, terwyl die aantal kitsbanke met 2% tot 4 976 gedaal het. Absa sê veranderende \[…\] The post Absa se tak- en…

## [Man kry lewenslange tronkstraf vir verkragting van 84-jarige vrou](https://nuusflits.com/tshepo-majela-lewenslange-tronkstraf-verkragting/)

_2026-08-20 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

OOS-KAAP. – Tshepo Majela (20) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 84-jarige vrou in Aliwal-Noord in Oktober 2023. Volgens Luxolo Tyali van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het die vrou in haar huis geslaap, toe sy wakker geword en ’n onbekende man met ’n mes teen haar \[…\] The post Man kry lewenslange tronkstraf vir verkragting van…

## [PAS BEKEND: Leerlinge sterf in botsing tussen bus en minibus](https://nuusflits.com/leerlinge-sterf-botsing-bus-minibus-mashashane/)

_2026-08-20 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

LIMPOPO. – Minstens drie mense, onder wie twee leerlinge, is volgens voorlopige inligting dood, nadat ’n Quantum-minibus en ’n bus gebots het. Albei die voertuie het leerlinge vervoer op die pad tussen Jupiter en Diana in die Mashashane-gebied. Polokwane-munisipaliteit sê sy brand-en-reddingsdienste is na die toneel ontbied, waar nooddienspersoneel werk om leerlinge wat in die \[…\] The post PAS…

## [Polisie ondersoek moontlike ekstremistiese netwerk ná Robertson-skietgeveg](https://nuusflits.com/robertson-skietgeveg-ekstremistiese-netwerk/)

_2026-08-20 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

WES-KAAP. – Die polisie ondersoek ’n moontlike ekstremistiese netwerk nadat ’n handgeskrewe lys met name glo in die besit van ’n oorlede verdagte gevind is. Dit is die verdagte wat tydens ’n skietgeveg met die polisie in Robertson doodgeskiet is. Die lys bevat glo name van mense wat deur die verdagte as vyande van die \[…\] The post Polisie ondersoek moontlike ekstremistiese netwerk ná…

## [Adams weer voor Madlanga-kommissie](https://nuusflits.com/fadiel-adams-madlanga-kommissie-strafsaak/)

_2026-08-20 · Wanda Olivier · Nuusflits, Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant_

GAUTENG. – Fadiel Adams getuig vandag weer voor die Madlanga-kommissie, waar hy uitgevra word oor inligting wat hy aan ondersoekers verskaf het. Die inligting hou verband met senior lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid. Adams is die leier van die National Coloured Congress. Hy het Woensdag ontken dat hy geklassifiseerde misdaadintelligensiedokumente onwettig bekom het. Hy \[…\] The…

