RSS Amplifier

Podcast

Radio Scriptura

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

scriptura.co.zaSource feed ↗10 episodes

Live Last read · last published · next check

Latest episodes

Saves to your Listen queue, to pick up on another day or another device.

Apologetiek - Waarom verskillende benaderings?

Waarom is daar verskillende benaderings van apologetiek? Wat is die hoof soorte apologetiese benaderings? Hoe ken ons waarheid, is menslike rede neutraal, en is daar 'n verhouding tussen geloof en rede?

Play

Luisteraarsvraag: Christus se teenwoordigheid in die elemente van die Nagmaal

Is die nagmaal net 'n simbool, of is die brood en die wyn heilige tekens? Hoe moet ons die teenwoordigheid van Christus in die nagmaal verstaan? Christus het fisies aan die kruis gesterf, en weer fisies opgestaan uit die dood, en ook fisies opgevaar na die hemel. Is Hy dan fisies of net geestelik teenwoordig in die elemente van die nagmaal? Staan die nagmaal elemente en Christus apart van mekaar?…

Play

Perspektief - April 2026

Onderwerpe van bespreking vir vandag is die genadedood of bystanddood wetgewing wat oorweeg en gedryf word om goedkeuring te verkry in Suid-Afrika. Wat is die argumente daarvoor, en wat is die plek en doel van lyding in die christen se lewe? Is daar enige gronde vir genadedood volgens die Bybel? En dan is die Weste ook geweldig besig om Islam in die samelewing te omhels ten opsigte van sosiale…

Play

Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan

Besit ons steeds die onvervalste evangelie? Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik ooreengestem? As die bybel oorgeskryf is deur mense, kan ons daarop staatmaak dat dit 'n goeie kopie van die…

Play

Apologetiek - Wat is apologetiek?

Hoe lyk die christelike of bybelse wêreldbeeld? Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in? Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met ongelowiges of soekendes? Is ek gereed om 'n verdediging aan te bied om die leuens oor God teen te staan…

Play

Wat sê die vers? Johannes 12:32

"En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek ." Waaraan is Jesus se verhoging gekoppel? Trek Jesus "alle" mense na Hom toe? Hoeveel kan ons as mense bydra tot ons aangetrokkenheid tot God? Hoe verskil universalisme van die gereformeerde leer oor die uitverkiesing? En waarna verwys Jesus as Hy net voor hierdie gedeelte in vers 23 sê "Die uur het gekom dat die Seun van die mens…

Play

Paasfees ... en mense wat daar was

Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het. Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het. Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is.

Play

Pastoraal: Skinderstories

Wat is die christen se verantwoordelikheid teenoor God en teenoor naaste wat woorde en waarheid betref? Hoe kan ons broers en susters, asook diegene buite die kerk, se beeld en eer beskerm? Hoe vermy ons en staan ons teen die verskillende vorme van lieg en bedrieg in praktyk? Moet ons soms net stil bly ten einde die "vuur" van kwaadpraat te blus? Bereken die effek van jou woorde en toets of dit…

Play

Wat sê die vers? Spreuke 29:18

Wat is die konteks van Spreuke en hoekom het God dit vir ons gegee? Hoe moet ons dit lees en is die mistiese visioen of die moralistiese benadering korrek? Moet ons eers drome en visioene kry om die regte pad te volg? Wat is algemene misbruike van hierdie teks? Hoekom kyk ons verlossingshistories na hierdie teks? Wat dring ons tot gehoorsaamheid aan God? Waarom staan "bandeloosheid" teenoor…

Play

Luisteraarsvraag: Armageddon

Gaan daar regtig 'n oorlog op 'n spesifieke plek naamlik Armageddon plaasvind? Moet ons Openbaring letterlik lees, of is dit liewer beeldspraak van die kerk era? Watse soort teks is dit? Vanuit watter hoek en inslag behoort dit gelees te word? Wat is die gereformeerde leer oor die eindtye? Preek ons genoeg uit Openbaring?

Play