RSS Amplifier

One bloody word at a time · Aug 4, 2026

Elke woord kan ’n sneller wees

0
Sign in to vote or save

Martin Steyn · One bloody word at a time

“Ek wil met Karla praat of ek skiet almal dood.”

Hallo, en welkom by my nuusbrief.

Daar is iets op pad …

Dis wat die jong man sê nadat hy sy pad by ’n dameskoshuis ingeskiet het. Minstens twee meisies lê dood voor die ingang. Niemand weet hoeveel daar nog aan die binnekant is nie. Maar die polisie weet hy het gyselaars geneem.

Hoekom het hy juis vir AO Karla Blanckenberg (Losprys) gevra? Nie sy of die ander lede van haar gyselaaronderhandelingspan herken hom nie.

Intussen arriveer AO Colin Menck (Donker Spoor, Skuldig) ook op die toneel. Met ’n dogter wat self ’n student is, voel die situasie heeltemal te persoonlik.

Terwyl Blanckenberg die jong man se binnewêreld probeer ontsluit, grawe Menck in sy verlede om uit te vind wat hom tot hierdie punt gedryf het. Maar hoe meer hulle leer, hoe meer onvoorspelbaar raak die situasie, en hoe groter die lewensgevaar vir almal betrokke.

“Miskien sal mense my ná vandag onthou.”

Blinde Kol kom in September.

In die volgende nuusbrief vertel ek jou ’n bietjie meer oor die terugkeer van AO Karla Blanckenberg. Sy het ’n vlugtige verskyning in “Man op ’n brug” in my kortverhaalbundel Skimme en Spoorsoekers gemaak, maar ons het haar laas regtig in Losprys gesien.

Dankie dat jy gelees het.

m.s.

No posts

Read the original on martinsteyn.substack.com

Comments

Nothing yet. Say the first thing.

    Sign in to join the conversation.