RSS Amplifier

Klipkouers · Apr 13, 2026

Episode 186: Charles Back

0
Sign in to vote or save

MaxMedia · iono.fm

Loading player...

Hierdie episode is oorspronklik in Augustus 2022 op BoerPot opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Charles Back se storie baie meer is as wyn en kaas. Dit gaan oor waardes, visie en hoe ’n mens ’n besigheid oor geslagte bou.

Charles Back is die derde generasie eienaar van wyn en kaasprodusent Fairview in Paarl. Die opregtheid en eerlikheid van sy pa en oupa is waardes wat hy vandag nog uitleef.

As leerder aan Paarl Gimnasium het hy vroeg blootstelling gekry aan diskriminasie, iets wat ’n blywende sensitiwiteit vir die underdog by hom geskep het.

Hy sien wynbou nie net as ’n bedryf nie, maar as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf.

In 2017 is hy aangewys as Wes-Kaap se Boer van die Jaar.

Sy visie is eenvoudig. Om uiteindelik sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop. Want as jy dit reg doen op die plaas, sal mense eerder na jou toe kom as om winkel toe te gaan.

Wanneer die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Spesmagte vertel word, val die kollig gewoonlik op die operateurs wat diep agter vyandelike linies gewerk het. Maar agter elke suksesvolle operasie was daar ’n ondersteuningspan wat moes verseker dat elke voertuig, wapen, stuk toerusting en noodsaaklike voorraad betyds en in werkende toestand beskikbaar…

15 Jul 41 min

Hierdie episode is oorspronklik in 2017 in Londen opgeneem, in persoon, terwyl Portchie gereed gemaak het vir sy eerste Britse uitstalling. Ek bring dit nou weer terug as ’n huldeblyk aan Jan Hendrik Viljoen; die Vrystaatse seun wat Portchie geword het, ná sy afsterwe op 12 Junie. Vir my dra…

29 Jun 56 min

Genl Maj Dan Lamprecht (afg) is een van slegs vier oorlewende stigterslede van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte — beter bekend as die Recces. As een van die oorspronklike manne uit die pioniersjare van die Recces, was hy deel van die geslag wat die grondslag gelê het vir wat later een…

23 Jun 48 min

Hierdie episode is oorspronklik op 19 September 2018 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Gideon Galloway se storie steeds een van daardie entrepreneursgesprekke is wat mens herinner: groot idees klink dikwels eers belaglik voordat dit vanselfsprekend word. Gideon is die stigter van King Price Insurance —…

26 May 1 hr 34 min

Hierdie episode is oorspronklik in 2019 op Klipkouers opgeneem. Ek bring dit nou weer terug omdat Pepe Marais se storie vandag nog harder praat: oor hoe ’n besigheid eers kan val, en dan weer opstaan wanneer groei nie deur winsbejag gedryf word nie, maar deur ’n duidelike rede om te…

19 May 27 min

Read the original on iono.fm

Comments

Nothing yet. Say the first thing.

    Sign in to join the conversation.