RSS Amplifier

Podcast

In alle Ernst

Die In alle Ernst-podsending se doel is om die mal wêreld waarin ons leef te ontrafel in Afrikaans vir besige, nuuskierige mense.

inalleernst.podbean.comSource feed ↗11 episodes

Live Last read · last published · next check

Latest episodes

Saves to your Listen queue, to pick up on another day or another device.

Ep. 74 - Swart Gevaar en Rooi Gevaar maak plek vir Oranje Gevaar

Die dae van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar is lankal verby, maar die politiek van verdagmakery het beslis nie verdwyn nie. Dit het bloot aangepas. Vandag is die nuwe narratiewe van verdagmakery die Afrikanergevaar- en die Oranje Gevaar-narratief.

Play

Onderhoud 27: Dr. Wikus Buys | Suid-Afrika én Orania in onstuimige tye

Ek en Dr. Wikus Buys het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor die oorgangstydperk wat beide Suid-Afrika en Orania tans ervaar, die "Afrikanergevaar" en "Oranje Gevaar", aan wie behoort die toekoms, hoe Afrikaners ons lot in ons eie hande kan en mag neem, Afrikaner-identiteit, demografiese realiteite, en meer. Verskoon as my stem bietjie vreemd klink op tye,…

Play

Ep. 73 - Wie besit rêrig die meeste grond in Suid-Afrika?

Baie skokkende statistieke word dikwels aangehaal in Suid-Afrika se kontroversiële en hoogs emosionele gronddebat wat te maklik as feite aanvaar word sonder behoorlike ondersoek. Dit is kommerwekkend dat hierdie statistieke gebruik word om radikale beleide soos onteiening sonder vergoeding te regverdig. Een van die mees aangehaalde bewerings is dat wit Suid-Afrikaners 72% van die land se grond…

Play

Ep. 72 - "Kill the Boer" is nie net 'n metafoor nie. Hier is die bewyse.

Is die berugte "Kill the Boer"-dreunsang deur die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), Julius Malema, 'n letterlike oproep tot geweld, of "net 'n metafoor" soos sy verdedigers, insluitend president Cyril Ramaphosa, beweer? Ek het 'n groot hoeveelheid bewyse saamgestel om hierdie valse narratief te weerlê. Verseker dat Julius Malema agter tralies beland. Besoek:…

Play

Ep. 71 - Om te streef na “radikale normaliteit”

Daar is onlangs 'n paar debatte rondom "die einde van normaal" vir Afrikaners. In hierdie episode tree ek egter in die bresse vir normaliteit in 'n abnormale land.

Play

Ep. 70 - Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers nie

Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas in ons tyd na: Diegene wat kan, bou, en diegene wat nie kan bou nie, hernoem.

Play

Ep. 69 - Hoekom ontaard liberale demokrasieë in tirannieë?

Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.

Play

Ep. 68 - In multikulturele politiek kraai identiteit steeds koning

Ek bespreek hoe die vraag "Wie is ons?" gaan bepaal hoe die 21ste eeu gaan uitspeel in Suid-Afrika, vir die Afrikaners, asook in Amerika en Europa.

Play

Ep. 67 - Is Amerika en Europa besig om te Suid-Afrikaniseer?

Vele lande is besig om teken te toon van "Suid-Afrikanisasie". Hoe lyk Suid-Afrikanisasie egter as beleidsraamwerk in praktyk? Ek bespreek.

Play

Ep. 66 - Hoe lyk die toekoms vir Afrikaners in Afrika?

Regdeur die geskiedenis het vele al gedink die Boere se storie is verby: ná die Groot Trek, Bloedrivier, die Vryheidsoorloë, die Groot Depressie, en veral toe ons in 1994 beheer oor die staat verloor. Elke keer was dit “die einde”. Die doemprofete bly egter verkeerd. Ons is steeds hier. Hierdie episode se inhoud is ‘n aangepaste weergawe van my 2025 Geloftedag feesrede by die Bapsfontein…

Play

Ep. 65 - Vir individue en volke is isolasie dikwels ’n keuse

Een van die lotsbepalende faktore vir Afrikaners in die 21ste eeu gaan beslis wees hoe doeltreffend ons op groterwordende skaal organisasie- en gemeenskapsbouers gaan word. ’n Goeie voorbeeld van die vrugte wat gepluk kan word van organisasie- en gemeenskapsbou is die ontstaan en groei van AfriForum.

Play