Zander van der Westhuizen het op Sondagaand se Gospelprogram met Appel oor sy nuwe enkelsnit “Genadewater” gesels. Dit is tans op die Gospel Top 10 en die #GROOT20. Appel het gedeel oor genade, foute en eerlikheid - en die waarde daarvan in ons elkeen se lewens. Uiteindelik is alles net genade!
Zander Van Der Westhuizen het vanaand op die Gospelprogram met Zakhe Mazibuko gesels oor die werk van PEN in die middestad van Pretoria. Zakhe Mazibuko het ook sy ongelooflike getuienis gedeel en vertel wat hy glo is die oplossing vir misdaad in Suid Afrika.
Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Mauritz Zietsman & Michelle Janse van Rensburg met Venita en Elrica oor die temas - Jeug / leiers wat opstaan vir die waarheid en die toekoms van ons land.
Gedurende die GROOT Biddag 2026 gesels Johan Kruger & JD Mostert met Venita en Elrica oor die temas - Skole/ Onderwysers - prosesse binne skole en Optimale opvoeding
Zander en Tanya kuier saam met Prof Chris de Wet en Marlene Steyn, en hulle gesels oor Heiligmaking. Is Hy net jou Verlosser? Of is Hy jou Here? Jesus het die gebrokene die geleentheid gegee om Heilig te wees, maar, Heiligmaking begin met leeg-making... As jy alleen en verlate voel, is jy eintlik op ‘n plek waar jy soveel deurbrake kan beleef. Dit is waar God die naaste aan jou is. Daar waar jy…
Hy is standvastig! ‘n Rots en Anker! Hy giet Sy liefde uit na ons toe in Jesus Christus! Die belangrikste ding van ‘n mens is wat in ons opkom as ons die woord, ‘God’, hoor. Godsbeeld vorm alles! As kind van God, hou aan na Hom toe draai! Hy kan riviere in woestyne laat bars!
Jennifer, Maynie en Charonike gesels met Heidemarie Kasselman en Jean-Louis oor hoe belangrik dit is om vir ons leiers en ons land te bid. Luister gerus weer!